Triggerfish
Snellervis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Snellervis

Wetenskaplike naam

Balistidae

Grootte

Tot 1 m, gemiddeld 35 cm

Identifikasie

Ovaalvormige liggaam met skerp kop en word geleidelik dunner na die stert toe. Stert is sirkelvormig. Voorste rugvin het twee skerp steekpenne, toegevou in ‘n skede. Die meeste spesies het skerp voortande. Rug-en anale vinne is na agter op die liggaam geplaas sodat hulle driehoeke vorm.

Algemene Inligting

Balistidae familie bestaan uit 2 genera en 42 spesies. Word opr riwwe gevind. Kort van draad. Rugsteekpen sluit in posisie wanneer bedreig. Het ‘n keëlvormige area bokant die nest wat verwoed beskerm word, ook teen duikers. Lê eiers in die nes.

Voeding

Leef van bodemlewende skaaldiere, weekdiere, seekastaiings en ander stekelhuidiges.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Narsnellervis - Balistoides conspicillum
Redfang triggerfish - Odonus niger
Gestippelde snellervis - Balistoides viridescens