Sundevall's Writhing Skink
Sundevall se Wriemelskink

© Tyrone Ping

Naam

Sundevall se Wriemelskink (Mochlus sundevallii)

Bevolkingstatistiek

Klas: Reptilia (Reptiele)
Orde: Squamata (Skubreptiel)
Familie: Scincidae
Subspesies: Daar is 2 subspesies.
Lengte: Beide geslagte: 60 – 80 mm

Beskrywing

Die lyf van hierdie klein grawende skink is ligbruin tot grys, gewoonlik met ’n donker kol op die basis van elke skub wat ’n fyn gespikkelde voorkoms gee. Die pens is heeltemal roomwit, maar dit kan gespikkel wees onder die stert.

Verspreiding

Noordelike deel van die subkontinent met die suidelike grens die Kalahari Gemsbok Nasionale Park en noord na Suid Angola en Somalië.

Voortplanting

In die somer lê die wyfie 2 - 6 wit, ovaal, sagte-dop eiers ondergronds, veral in ou miershope.

Dieet

Sundevall se wriemelskink eet klein ongewerweldes.