Spotted Thick-Toed Gecko
Kolgeitjie

© Tyrone Ping

Naam

Kolgeitjie (Pachydactylus maculates)

Klas

Reptilia (Reptiele)

Orde

Squamata (Skubreptiel)

Familie

Gekkonidae

Lengte

Vroulik: 58 mm
Manlik: 48 mm

Beskrywing

Die kolgeitjie het ’n stewige lyf en ’n afgeronde snoet. Die rug is grys tot grysbruin met vier langwerpige swarterige kolle wat nie wit rande het nie en soms ineensmelt in onreëlmatige dwarsstrepe. Die maag is geelwit van kleur.

Verspreiding

Binnelandse Kaapse platorand vanaf Sutherland en die kusstreek van Knysna deur die Oos Kaap, KwaZulu-Natal, Swaziland en mees suidoostelike Mpumalanga. Een rekord van voorkoms in aangrensende Mosambiek.

Voortplanting

Vanaf September tot Februarie is daar 2 – 3 broeisels met elkeen 2 hardedop eiers. Inkubasie duur 100 - 120 dae.

Dieet

Die kolgeitjie eet kleiner insekte en spinnekoppe.

Veldnotas

Die kolgeitjie is een van die meer algemene geitjies van die meer as 30 spesies in Suider-Afrika. Hierdie geitjie word in ’n verskeidenheid habitatte aangetref.