Shrimpfish
Garnaalvis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Garnaalvis

Wetenskaplike naam

Centriscidae

Grootte

Tot 15 cm, gemiddeld 10 cm.

Identifikasie

Baie kompakte, langwerpige liggame wat bedek is met beenplate. Die eerste pen van die rugvin is lank en skerp, en sit aan die agterkant van die liggaam. Twee addisionele penne, die res van die rugvin en die stertvin het almal geskuif na die onderkant. Van wit en swart lyne tot geel met swart kolle op die kop.

Algemene Inligting

Die Centriscidae familie bestaan uit 5 genera en 13 spesies. Swem met kop in ‘n afwaartse posisie. Word gevind op riwwe en areas met seegras. Smelt saam met die vorm en beweging van die seegras as kamoeflering. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van klein soöplankton.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Grooved shrimpfish (Centriscus scutatus)
Shrimpfish (Aeoliscus strigatus)
Garnaalvis (Aeoliscus punctulatus)