Serrated Hinged Terrapin
Skulprand-skarnierwaterskilpad

© Nigel Dennis

Naam

Skulprand-skarnierwaterskilpad (Pelusios sinuatus)

Klas

Reptilia (Reptiele)

Orde

Tsetudines (Skilpaaie)

Familie

Pelomedusidae

Lengte

Beide geslagte: 300 – 400 mm

Beskrywing

Die skulprand-skarnierwaterskilpad is die grootste van die skarnierdop-waterskilpaaie. Die karapaks (rugskild) en brug is eenvormig swart van kleur. Die plastron (borsplaat) is geel gesentreerd met ’n skerp omskrewe, swart, hoekpatroon om die rand. Die vel van die nek en ledemate is ’n ligte olyfgrys.

Verspreiding

Die skulprand-skarnierwaterskilpad word in tropiese Afrika, langs die Zambezirivier tot by die Victoria Waterval en suid na KwaZulu-Natal toe gevind.

Voortplanting

Die wyfie lê 7 tot 25 eiers, tot 500 m van die naaste water af, in Oktober tot Januarie en die eiers broei in Maart tot April uit.

Veldnotas

As die skulprand-skarnierwaterskilpad bedreig voel skei dit ’n onwelriekende reuk af.