Rhombic Egg Eater
Gewone Eiervreter

© Tyrone Ping

Naam

Gewone Eiervreter (Dasypeltis scabra)

Bevolkingstatistiek

Klas: Reptilia (Reptiele)
Orde: Squamata (Skubreptiel)
Familie: Colubridae
Lengte Vroulik: 964 mm
Lengte Manlik: 595 mm

Beskrywing

Die gewone eiervreter is ’n slanke, soliede slang met ’n klein geronde kop en ’n kort stert. Die mannetjie het ’n korter stert as die wyfie.
Die rug is grysbruin, ligbruin of olyfbruin, met ’n middelste reeks ruitvormige kolle wat in die middel bruin is en donkerbruin of swart om die rande het. Tussendeur die kolle is smal donker vertikale strepe. Die binnekant van die bek is swart.

Verspreiding

Die gewone eiervreter word dwarsdeur die subkontinent en elders tot in Soedan in die noorde en Gambië in die weste aangetref.

Voortplanting

Dit wyfie lê 6 - 25 eiers in die somer en dit broei na omtrent 80 - 90 dae uit.

Veldnotas

Die gewone eiervreter eet slegs eiers en sluk dit heel in met behulp van die riwwe in die mond. Die dop word in een stuk opgebring nadat die inhoud ingesluk is.