Requiem Sharks
Tierhaai

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Tierhaai

Ander in familie

Black-tip; Blue shark, Oceanic white-tip; White-tip reef shark; Bull shark

Wetenskaplike naam

Carcharhinidae

Grootte

Tot 5m

Identifikasie

Tierhaai (Galeocerdo cuvier): Gryserige bokant met kenmerkende ‘tier-agtige’ strepe. Tot 5m lang, gemiddeld 3m.
Swarttiphaai (Carcharhinus limbatus): Snoet is gepunt, lang kiefgleuwe. Swart punte op die rug-, bors-, buik- en stertvinne. Tot 2,8m lank, gemiddeld 1,5m.
Blouhaai: (Prionace glauca): Lang lyf wat geleidelik spits raak na beide kante. Baie lang borsvinne. Bokant donkerder blou. Punte van bors- en anale vinne is swart. Tot 4,5m, gemiddeld 1,5m.
Die Bull shark (Carcharhinus leucas): Ook genoem Zambesi-haai. Bonkige lyf met kort, ronde snoet. Rugvin is breed en gepunt. Bruin-grys aan die bokant. Kan vars water verdra.
Die Oceanic white-tip shark (Carcharhinus longimanus): Lang, vlerk-agtige bors- en rugvinne. Die eerste rug-, bors- en onderste stertvinne het wit punte. Bruinerig-grys op die rug.
Die White-tip reef shark (Triaenodon obesus): Slank, kort lyf, met kort, stomp snoet. Bruin-grys aan die bokant. Verspreide donkergrys kolle. Puntjie van die borsvin en boonste stervinlob is wit.

Algemene Inligting

Familie bestaan uit vis, robbe, voëls, kleiner haaie, inkvis, seeskilpaaie en dolfyne. Weeg tot 900kg. Bekend vir aanvalle op mense. Vivipaarmet kleintjies wat ten volle ontwikkel gebore word. Wyfies paar eenkeer elke drie jaar. 10 tot 100 kleintjies word gebore, afhangende van die spesies.

Voeding

Leef van vis, robbe, voëls, kleiner haaie, inkvis seeskilpaaie en dolfyne.

Verspreiding

Wydverspreid in alle tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Tierhaai - Galeocerdo cuvier
Swattiphaai - Carcharhinus limbatus
Blouhaai - Prionace glauca