Rabbitfish
Konynvis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Konynvis

Alias

Spinefoot

Wetenskaplike naam

Siganidae

Grootte

Tot 40 cm, gemiddeld 30 cm

Identifikasie

Plat, ovaalvormige liggaam met verlengde mond. Mond is klein en lyk op ‘n plooi getrek. Aaneenlopende rugvin, met alle penne ewe lank. Stertvin is gevurk. Kleur is meestal wit en geel met bruin kolle, of ‘n komplekse bruin keur.

Algemene Inligting

Die Siganidae familie bestaan uit 2 genera en 27 spesies. Word konynvis genoem weens die ooreenkoms met die neus. Penne is giftig. Kom voor in skole oor riwwe, meestal in vlak water. Gebruik tande om alge van rotse af te rasper. In staat om kleur te verander vir kamoeflering. Aktief gedurende die dag. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van seebodemlewende alge – herbivore.

Verspreiding

Kom voor in die Indies-Stille en Mediterreense Oseane.

Algemene Spesies

Coral rabbitfish (Siganus corallinus)
Foxface rabbitfish (Siganus vulpinus)
Whitespotted rabbitfish (Siganus sutor)