Porcupinefish
Penvis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Penvis

Alias

Blowfish; Balloonfish; Globefish

Wetenskaplike naam

Diodontidae

Grootte

Tot 90 cm, gemiddeld 35 cm.

Identifikasie

Geronde liggaam, word nouer by die kop en die stertvin. Kop gewoonlik groter as die lyf. Kort of langer stekels regoor die lyf. Groot tande met ‘n bek-voorkoms. Kleur varieer – meestal ligbruin met donker of geel kolle.

Algemene Inligting

Die Diodontidae klas bestaan uit 6 genera en 19 spesies. Lyk baie soos die blaasoppie, maar het stekels. Stekels staan óf permanent orent, óf kan regop laat staan word in bedreigende omstandighede. Die stekels van sommige spesies is giftig. Kan hulle liggame opblaas deur water in te sluk. Mag geniepsig byt indien bedreig word. Aangetref op riwwe waar hulle gedurende die dag skuil onder rotslyste. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van seekastaiings, weekdiere, sponse en krappe.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropies oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Penvis (Diodon hystrix)
Shortspine porcupinefish (Diodon liutosus)
Yellowspotted porcupinefish (Cyclichthys spilostylus)