Mullets
Harder

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Harder

Alias

Grysharder

Wetenskaplike Naam

Mugilidae

Grootte

Tot 90 cm, gemiddeld 50 cm.

Identifikasie

Langwerpige silindriese liggaam waarvan beide punte spits is. Twee kleinerige rugvinne wat deeglik geskei is. Stert is effens gevurk. Klein mondjies met dun lippe en klein tandjies. Geen sigbare laterale lyn. Meestal silwer met geel, wit of bruin verkleuring of strepe.

Algemene Inligting

Die Mugilidae familie bestaan uit 17 genera en 72 spesies. Groot skole kom voor in vlak water net agter die branders. Jonges van tot 2 cm skuil in riviermondings. Soms verwar met bokvis. Kommersieël gevang. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van alge, oorblyfsels, insekte, viseiers en plankton.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Flathead mullet - Mugil cephalus
Groovy mullet - Liza dumerilii
Southern mullet - Liza richardsonii