Longfins
Langvin

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Langvin

Alias

Roundheads, Spiny Basslests

Wetenskaplike Naam

Plesiopidae

Grootte

Tot 20 cm, gemiddeld 15 cm.

Identifikasie

Langwerpige visse. Groot oë en monde. Rugvinne en anale vinne baie lank en soms langer as die stertvin. Verskillend gekleurde agtergronde soos bruin of blou, soms met ligter kolle of strepe.

Algemene Inligting

Die Plesopidae familie bestaan uit 11 genera en 38 spesies. Skuil in spelonke of onder lyste gedurende die dag. Sommige het ‘n ‘valse oog’ op die die agterkant van die rugvin om prooi te verwar. Lyk soos palings wanneer hulle kop eerste in skeure skuil. Word gewoonlik alleen aangetref op riwwe. Pelagiese kuitskieters.

Voeding

Leef van klein skaaldiertjies en vis.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Comet - Calloplesiops altivelis
Bluegill longfin - Plosiops corallicola
Whitespotted longfin - Plesiops nigricanas