Kobs
Kabeljou

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Kabeljou

Alias

Drums, Kwakers, Hardekoppe, Geelbekke, Baardmanne

Wetenskaplike Naam

Sciaenidae

Grootte

Tot 2 m, gemiddeld 70 cm.

Identifikasie

Langwerpige, ovaalvormige visse. Rugvin is diep gekeep. Laterale lyn is baie duidelik met soms wit kolletjies. Ommige spesies het ‘n paar klein voeldraadjies. Meestal silwer of bruinkleurig. Gewone kabeljoue het ‘n maroen skynsel.

Algemene Inligting

Die Sciaenidae familie bestaan uit 70 genera and 270 spesies. Hulle maak ‘n aanhoudende kwaak- of trommelgeluid met hul swemblase. Jonges het ‘n groot voorste rugvin. Bodemlewend in sanderige areas en riviermondings. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van klein vissies en seebodemlewende ongewerweldes.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Daga kob - Argyrosomus japonicus
Kob - Argyrosomus hololepidotus
Slender baardman - Umbrina ronchus