Identifikasie van Kraaie

©Nigel Dennis
Kraaie kan groot verliese veroorsaak aan lewendehawe sowel as aan oeste, vrugte en druiwe boere. Die getalle wat toeneem is ʼn groeiende kommer oor hulle impak op reptiele, klein vöeltjies en ander roofvoëlspesies.

Kraaie het egter goeie eienskappe ook. Volgens die “Endangered Wildlife Trust”, vervul die kraai ʼn waardevolle ekologiese rol as aasdiere, deur die eet van die karkasse van diere, wat kan help om die sprei van siektes te voorkom. Hulle help ook om die rot en muis populasies onder kontrole te hou en hulle nesse word baie gebruik deur Koekoeke en ander roofvoëls soos die groter Rooivalkies en die Edelvalke.

Witborskraai en Withalskraai

Witborskraaie (Corvus albus) en Withalskraaie (Corvus albicollis) is hoofsaaklik die moeilikheidmakers op plase. Volwasse Witborskraaie is swart behalwe vir ʼn wit kraag en boontste mantel wat van onder die bors, sykante van die lyf en okselvere strek. Volwasse Witborskraaie is omtrent 45 cm lank, met hulle vlerke se lengte wat verskil as gevolg van die verskillende ouderdomme. Hulle word reg deur Suidelike Afrika gevind, maar bly gewoonlik naby landerye, graslande,stedelike gebiede,vullishope, en langs paaie en spoorlyne.

Die Withalskraai het ʼn glansryke swart kleur met ʼn wit kraag agter op sy nek. Sy groot gekromde snawel is swart met wit op die punt. Volwassenes is omtrent 50 tot 54 cm lank, met ʼn vlerkspan van 48 tot 43 cm. Hulle word gevind regdeur Suid Afrika meestal in beragtige areas klowe en kranse, terwyl die soek van voedsel meestal geskied in oop landskappe.

Beide spesies bly lewenslank by dieselfde maat. Die neste is bonkige strukture wat van stokke en takke gemaak is en ʼn sagte uitvoering van modder, mis, grasse of wolle aan die binnekant van die nes het. Die paring seisoene verskil volgens die klimaat maar vind gewoonlik plaas tussen Julie en November vir die Withalskraai en van Julie tot Januarie vir die Witborskraai. Die wyfies lê van 4 tot 5 eiers op ʼn keer.

Dood en Voeding Patroon

Die Witborskraai en Withalskraai kan baie skade veroorsaak. Hulle snawels is nie skerp genoeg om gate in die prooi se vleis te maak nie, so hulle pik die öe van lammetjies en ooie uit wat hulle dan blind los. Hulle veroorsaak omvattende verliese vir lewendehawe veral tydens droogtes.

As ʼn karkas geëet is deur die öe, mond, naeltjie of anus, is dit ʼn teken dat een van die kraai familie daaraan geëet het.

Bestuur

©Roger de la Harpe
Dit is baie moeilik om kraaie te beheer. Hulle is nie ʼn beskermde spesies nie en mag op plase gejag word maar nie in munisipale areas of langs publieke paaie nie. Party boere maak gebruik van klank en visuele afskrikmiddels soos vöelverskrikkers en weerkaatsers om die kraaie weg te hou van kwesbare diere en gewasse, terwyl ander nette oor die gewasse gooi om dit te beskerm teen die kraaie. Die gebruik van gif is onwettig, omdat dit diere kan doodmaak wat nie die teikens was nie, wat rare en bedreigde roofvoëlspesies insluit.

Holisitese bestuurs benadering sluit eerstens in om die kos voorraad te verminder. Dit beteken beter verwydering van afval spesiaal by informele nedersetting, stortingsterreine en slaghuise. Vuilgoeddromme moet goed toegemaak word, vöelvoerders en troeteldier se kosbakke moet binneshuis geneem word. Neem beter kontrole oor turksvye, aangesien die kraaie vir die verspreiding van turksvye verantwoordelik is in die Nama Karoo Tweedens moet kwesbare lewendehawe beter beskerm word. Verwagtende ooie moet ʼn paar weke voor hulle hulle kleintjies kry geskuif word na kampe waar daar veewagters is wat agter hule kyk en daar bly totdat hulle nie meer so kwesbaar is nie

Nesse en eiers kan vernietig word, maar dit sal net veroorsaak dat meer eiers gelê word. Dit maak meer sin om die embrio’s te vernietig en die eiers terug te sit in die nes.

Translated by Wilma Koeppen