Grunts
Knorders

© Johan Boshoff

Gewfamilienaam

Knorders / Rubberlippe

Wetenskaplike naam

Haemulidae

Grootte

Tot 90 cm, gemiddeld 30 cm.

Identifikasie

Groot kop en romp, word geleidelik dunner tot ‘n stomp stert. Lippe is dik en die vernaamste identifiserende kenmerk. Kleur varieer van silwer-grys tot geel met blou strepe.

Algemene Inligting

Die Haemulidae familie bestaan uit 17 genera en 150 spesies. Die algemene naam kom van die geluid wat gemaak word wanneer daar op die tande gekners word. Aangetref in mid-water in groot skole. Hoofsaaklik nagjagters. Word ook gevind in riviermondings. Jonges skuil tussen grasse en swem soms met ‘n golwende beweging. Kleur van jonges verskil baie van volwassenes. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van seebodemlewende ongewerweldes soos garnale, krappe en wurms.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Harlekyn soetlippe - Plectorhincus chaetodonoides
Oriental sweetlips - Plectorhincus vittatus
Witgebande rubberlippe - Plectorhincus playfairi