Clownfish
Anemoonvis

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Anemoonvis

Wetenskaplike Naam

Amphiprioninae

Grootte

Tot 18 cm; gemiddeld 10 cm

Identifikasie

Geronde, plat liggaam met groot vinne. Kan aggressief wees. Kleur wissel van geel, oranje, rooi of swart met wit vertikale vlekke of bande oor die liggaam.

Algemene Inligting

Die Amphiprioninae familie bestaan uit 2 genera en 28 spesies. Hulle vorm simbiotiese verhoudings met anemone. Die faeces voorsien voedingstowwe en die anemone verskaf beskerming aan die vis. Leef in klein familiegroepies van drie op die anemoon. Alle clownfish word manlik gebore en verander van geslag as die dominante wyfie doodgaan. Lê eiers naby die anemoon en die mannetjie hou wag totdat hulle uitbroei.

Voeding

Alge, plankton, weekdiere en skaaldiere.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Clown anemoonvis - Amphiprion perula
Nosestripe clownfish - Amphiprion akallopisos
Tweebalk anemoonvis - Amphiprion allardi