African Green Pigeon
Papegaaiduif

© Nigel J Dennis
African Green Pigeon.

Naam

Papegaaiduif

Voorkoms

Hul bokant is grysgroen tot geelgroen, hul dye is geel met pers kolle op die bokant van die vlerke. Die groen vere bied uitstekende kamoeflering in die bome. Hul bekke is rooi by die basis en wit by die punt. Hulle pote is ook rooi.

Dieet

Hulle vreet hoofsaaklik vrugte soos vye.

Voortplanting

Mei tot Februarie is die mees algemene tyd. Hulle bou 'n swakkerige platform van growwe takkies en blare op 'n skuins of 'n horisontale vurk van 'n boom met baie blare. 1 tot 2 eiers word gelê. Kuikens broei uit na ongeveer 13 dae.
Dis die mannetjie se werk om te soek na klein takkies om na die wyfie op die nes te dra, wat hulle dan gebruik. Die wyfie kies die plek om die nes te bou en wag daar vir die mannetjie om materiaal aan te dra waarmee die nes gebou word. Hulle is baie goeie ouers. Hulle broei die hele tyd en verlaat nooit die nes nie.

Gedrag

Hulle is gewoonlik in klein groepies. Hulle vreet in bome, klap hul vlerke om balans te hou, en hang dikwels onderstebo. Die groen vere sorg vir effektiewe kamoeflering. Hul vlieg vinnig en reguit.

Habitat

Bos, veral rivier- en vyebos.

Waar hulle voorkom

Papegaaiuiwe kom voor in Zimbabwe, noord- en oos-Botswana, noord-Namibië, Mosambiek, die Noordelike Provinsie, Mpumalanga en die ooskus van Suid-Afrika.

Latynse naam

Treron calva.