Wat is Ornamentele Visproduksie?

© BROMLEYS Aquatic Specialists

Ornamentele vis soos koi, goudvisse en tropies akwariumvis is pragtige visse wat aangehou word vir vertoondoeleindes in glasakwaria of in visdamme.

Die produksie van ornamentele vis in Suid-Afrika is klein en beperk tot ‘n aantal telers en sluit in koi, Malawi-meer cichlids, discus fish, killifish en sommige goudvisse. Dit word hoofsaaklik gedoen in die Oos-Kaap, Mpumalanga en KwaZulu-Natal provinsies. Produksie is gespesialiseerd en kompeteer met hoë-kwaliteit invoere uit hoofsaaklik die Verre Ooste – omtrent 95% van Suid-Afrika se ornamentele visspesies word ingevoer.

Daar is nie plek in die Suid-Afrikaanse mark vir goedkoop, lae-kwaliteit ornamentele vis nie. Dis steeds relatief duur om in te voer in vergelyking daarmee om plaaslik te produseer en te versprei.

Vereistes vir Ornamentele Visproduksie

Indien Suid-Afrika ooit daaraan dink om die invoer van ornamentele vis te vervang met plaaslike produksie daarvan, sal hulle moet voldoen aan die volgende vier vereistes wat die rede is vir die sukses van die Verre Ooste se ornamentele visproduksie:

Dis hoogs professioneel.
Viskwaliteit is uiters hoog
Bemarking is gesentraliseerd

Ornamentele vis akwakultuur word gedoen onder warm, ekwatoriale toestande wat die biologie en daarom die massa-produksie van tropiese vis pas.

Kwaliteit visproduksie kan nie in glasakwariums of plastiek- of konkryttenks gedoen word nie. Dis eenvoudig nie moontlik om kwaliteit te bereik wat hoog genoeg is in sulke sisteme nie. Die Verre Ooste produksie word meestal in gronddamme gedoen, dikwels met groen water en oorvloedige natuurlike voedsel. Groen water produksie is wanneer bemesting toegevoeg word tot die water om die groei van die vis se natuurlike kos soos daphnia, cyclops en alge te stimuleer.

In Suid-Afrika sal ornamentele visproduksie die gebruik van tonnels in die warmer areas vereis sodat water teen hoër as 25℃ gehou kan word. Die produksie van goudvis, lewendbarendes en gemeenskaps-tenkspesies soos tetras, labeo ‘haaie’ en babers bereik net nie voldoende kwaliteit onder enige ander alternatiewe sisteme nie.

Intense aandag aan detail en instandhouding van kwaliteit is noodsaaklik vir sukses in ornamentele visboerdery. ‘n Voorbeeld van hoe belangrik dit is word geïllustreer deur ‘n groot ornamentele visplaas in KwaZulu-Natal wat in die 1990’s ‘n wye verskeidenheid vis vir die Suid-Afrikaanse mark produseer het. Die plaas het meer as 150 tonnelsisteme gehad en selfs hoë-kwaliteit guppies na die VSA uitgevoer. Die organisasie het floreer as ‘n gesentraliseerde besigheid met sterk, bekwame en ervare toesig.

Toe dit egter gesindikeer is aan individuele werkers, elk verantwoordelik vir een of meer tonnelsisteme, het die besigheid binne ‘n jaar tot niet gegaan omdat aandag aan detail, kwaliteit en gereelde voeding nie meer gegee is nie.

Uitdagings in Ornamentele Visboerdery in Suid-Afrika

©Marinda Louw

Die produksie van ornamentele vis in Suid-Afrika is beperk, aangesien die vis warm klimate benodig om aan te teel.  Daarby is ononderbroke elektrisiteitstoevoer van kardinale belang. Die meeste produksie is in Gauteng en die hoofmark is geleë in die koel Hoëveld.

Daar sal altyd ‘n nismark vir gespesialiseerde spesies wees waar die pryse wat betaal word en vervoerkostes die produksiekostes om hierdie vis plaaslik te produseer deur ‘n paar akwakultuur kenners, regverdig. Voorbeelde is Malawi-meer cichlids, discus fish en ander moeiliker spesies om te produseer, asook masse spesies.

Opleiding vir nuwe visboere in Suid-Afrika is beperk tot privaatvisboerderykenners. Daar is beperkte kennis binne regeringsdepartemente en die eetvisboerderysektor wat toepaslik sal wees vir die opleiding van nuwe ornamentele visboere.

Translated by Elna Van Rhyn