Tilapiaboerdery in Suid-Afrika

© Marinda Louw

Volgens Suid-Afrika se Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Akwakultuur Jaarboek is die vernaamste voedselspesies wat in 2015 in Suid-Afrika geteel is, mariene mossels (1 758 ton) wat die meeste tot produksie bygedra het, gevolg deur reënboogforel (1 497 ton), perlemoen (1479 ton), tilapia (325 ton), oesters (277 ton) en varswater kreef (4 ton).

Tilapia wat al vir duisende jare vir bestaansboerdery gebruik is, het gegroei tot een van die top-tien gunsteling visprodukte in die VSA. Wêreldwyd is tilapia die tweede mees geboerde vis, na die produksie van karp en forel. Die produksie van tilapia het dié van forel verbygesteek, hoewel dit nie teen dieselfde hoë pryse as karp verkoop nie.

Die vernaamste tilapiaprodusente in die wêreld is China - wat ongeveer 30% van wêreldproduksie lewer - Egipte, Thailand, die Filippyne en Indonesië.

Aanvraag na Tilapia in Suid-Afrika

‘n Navorsingsverslag deur Urban-Econ vir die Industriële Korporasie van Suid-Afrika (IDC) oor die potensiaal vir die produksie, prosessering en uitvoer van tilapia vir die Suid-Afrikaanse mark in 2015 het aangedui dat die aanvraag na tilapia ongeveer 1 500 ton is. Hiervan word slegs 187 ton deur Suid-Afrikaanse tilapiaprodusente verskaf.

Kommersiële kopers, wat prominente kleinhandelaars insluit, met wie daar vir die verslag onderhoude gevoer is, het aangedui dat plaaslik geproduseerde tilapia verkies word bo die goedkoper Chinese tilapia weens die swak kwaliteit van die ingevoerde vis. Boonop voel die kopers dat tilapia stokvis, waarvan die produksie met 50% gedaal het, kan vervang. Dus het plaaslike aanvraag die potensiaal om grootskaalse tilapiaproduksie in Suid-Afrika te dra.

Watter Soort Tilapia vir Visboerdery?

Van die 70 spesies tilapia in die wêreld is Oreochromis mossambicus (blou kurper of Mosambiekse tilapia), Orecochromis niloticus (Nyl tilapia) en Oreochromis aureus (blou tilapia) die drie hoofspesies wat wêreldwyd vir tilapiaboerdery gebruik word. Sommige plase gebruik ook O. andersoni in areas van hoë bewaringsbelang in die Zambesi-rivier. Ander gebruik O. macrochir in Noord-oos Zambië vir dieselfde rede.

Nyl tilapia en geneties-verbeterde Nyl tilapia word deur meer as 80% tilapiaboere gebruik. Slegs 4% van tilapiaproduksie word gedoen met Mosambiekse tilapia in gedeeltes van die VSA waar dit jare gelede bekendgestel is.

So ver terug as 1983 het R.S.V. Pullin in sy verslag ‘Choice of tilapia species for aquaculture’ aanbeveel dat navorsing behoort te fokus op Nyl tilapia en blou tilapia en nie Mosambiekse tilapia met hul swak groeikoers nie.

In Suid-Afrika is daar geen tekort aan goeie genetiese materiaal, hoëprestasie spesies of beter Nyl tilapia soorte nie. Dit is beskikbaar by private kwekerye. 

Dit word aanbeveel dat aandag gegee moet word aan die verkryging van goeie O.mossambicus spesies of die gebruik van net manlike vingerlinge van betroubare broeierye. Slegte kwaliteit, ingeteelde spesies of die onbekende afkoms van spesies moet vermy word.

Hoekom is Tilapia Geskik vir Akwakultuur?

Tilapia het 'n soet, ligte geur en 'n ferm, geskilferde tekstuur. Tilapia het verskeie positiewe eienskappe wat dit geskik maak vir akwakultuur.

Dit sluit in:
Hoë groeikoers. Afhangende van die spesies kan tilapia tot en met 450 g groei oor 8 maande.
Vrugbaar. Afhangende van hulle ouerdom kan vroulike tilapia omtrent 500 tot 1000 eiers produseer.
Hulle kan oor kort tydperke oorleef in swak kwaliteit water en in verskeie temperature. 
Tiliapia goeie kwaliteit wit vleis wat goed aanvaar word in die handelsmark.
Dit het 'n veelsydige smaak en tekstuur en kan gebruik word in vir toegevoegde waarde in produkte. 

Translated by Elna Van Rhyn