Sunfish

© Jean Tresfon

Algemene familienaam

Sonvis

Alias

Mola mola

Wetenskaplike naam

Molidae

Grootte

Tot 4 m

Identifikasie

Skyfvormige, diep saamgeperste liggaam. Rug-en anale vinne is groot en gepunt. Stertvin is gereduseer tot ‘n golwende flap wat nie gebruik word vir aandrywing nie. Meestal lig tot donkergrys met donkerder vlekke.

Algemene Inligting

Die Molidae familie bestaan uit 3genera en 5 spesies. Die swaarste beenvis in die wêreld, wat tot 1000 kg kan weeg. Gebruik rug- en anale vinne vir beweging. Spuit water deur die kieue om sywaarts te draai. Kry sy naam van die gewoonte om op die oppervlakte van die oseaan te bak in die son en so sy temperatuur te reguleer. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van jellievisse, klein vissies en swemmende skaaldiere.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.