Spoonbill
Lepelaar

© Nigel Dennis
Spoonbill.

Voorkoms

Die Lepelaar is 'n langbeenvoël. Dit bereik ‘n hoogte is 90 cm. Sy liggaam is oorweldigend wit, behalwe vir sy rooi bene, gesig en snawel. Sy vlerke is 36 - 40 cm lank. Hierdie voël kan maklik geïdentifiseer word deur sy unieke lepelvormige snawel. Met geboorte lyk die Lepelaar se snawel nie soos 'n lepel nie. Dit word gebore met 'n kort snawel wat geleidelik ontwikkel tot sy lepelagtige vorm. Dit lyk gewoonlik soos 'n lepel net voor die tyd kom om sy nes te verlaat. Beide die manlike en vroulike voëls is soortgelyk in voorkoms.

Dieet

Die Lepelaar se dieet bestaan hoofsaaklik uit vis en ongewerwelde diere (wat onder water lewe) soos skaaldiere of skulpvisse, asook insekte, larwes en weekdiere.

Teling

Die Lepelaar begin in die winter te broei. Die broeiperiode begin in die winter en duur tot dwarsdeur die lente. Dit broei gewoonlik van laat Maart tot September in kolonies. Die wyfie kan 3-5 eiers lê gedurende die maande April of Mei. Hierdie voël se eiers word gewoonlik gesien met rooi, bruin of blou gekleurde kolletjies. Dit lê meestal sy eiers in 'n nesplatform gemaak van stokkies of riete, in 'n boom naby water, maar sy nes kan ook gevind word in moerasse, tussen rotse, moerasplante of kranse. Hierdie neste is naby die grond of in bome bo-oor water. Die binnekant van die nes word dikwels met blare bedek. Die eier ondergaan inkubasie vir tot 29 dae deur beide ouers. Na dit uitbroei, word die kuikens vir 20-30 dae deur albei ouers versorg. Kort daarna, begin hulle na nog vier weke vlieg.

Gedrag

Die Lepelaar is gewoonlik 'n skaam en waaksame voël. Dit word gewoonlik alleen gevind, maar kan ook in pare of in groepe voorkom. Dit is gewoonlik stil, behalwe af en toe sal dit knor wanneer dit verskrik word. Hulle beweeg hoofsaaklik deur middel van vlug. Sy nek en bene verleng wanneer dit vlieg, terwyl sy vlerke stadig in die lug vladder. Die Lepelaar voed deur om vis te vang in vlak water. Hy vang vis vir sy kos deur om sy oop snawel van kant tot kant in die water te swaai. Sy snawel tree op as 'n sens (hoekvormige gereedskap) om sy kos te vang.

Habitat

Die Lepelaar woon gewoonlik rondom vlak binnelandse waters. Die habitat van hierdie voël sluit in rivieroewers, mere, vlaktes, savanne en moerasse.

Waar hulle gevind word

Die Lepelaar word algemeen in verskeie lande in die suidelike deel van Afrika aangetref. Sommige van hierdie lande sluit in Botswana, Kenia, Madagaskar, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe.

Latynse naam

Platalea alba