Luuks en Ruim
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Hierdie bos safari lodge in die Sabi Sands is die ideale plek om safari aktiwiteite en wildbesigtiging in die Kruger Nationale Park te geniet.

Hoogtepunte

Ongelooflike besigtigingsdek met uitsigte oor die Xikwenga Dam, waar seekoeie en olifante gereeld gesien word
Boomhuis-styl suites en kamers wat oor die dam uitkyk, weggesteek tussen digte bome met swaaibrûe wat na die kamers toe loop
Bos sterrewag vir sterrekyk, diep in bos weg van die stad se ligte
Verligte tennisbaan, toegruste gimnasium en ’n afgesonderde spa
’n Groot verskeidenheid wyne in ’n eklusiewe wynkelder waar ’n privaat ete en wynproe gehou kan word

Die Ervaring

Langs die Mabrak Rivier, omring met ’n digte bos inheemse bome lê Ulusaba Safari Lodge. Dit is ’n heerlike rustige en afgesonderde bos safari lodge in die Sabi Sands. By Ulusaba Safari Lodge is daar boomhuis-styl suites en kamers wat oor die dam uitkyk en weggesteek is tussen digte bome.

Hierdie kamers word met ’n outentieke swaaibrûe bereik en omdat daar ’n watergat slegs 500 meter weg is, loop diere soos olifante en seekoeie gereeld langs jou brug verby. Wild kan besigtig word sonder om eers jou kamer te verlaat.

Ulusaba Safari Lodge is ’n bos safari lodge in die Sabi Sands, ’n area wat wel bekend is vir die groot hoeveelheid leeus en luiperds. Gaan uit op ’n wildbesigtigingsrit met jou kamera onder jou arm en wees verseker dat jou gids vir jou ideale fotografiese geleenthede gaan kry.

Spandeer jou vrye tyd by Ulusaba Safari Lodge langs die verhitte swembad en sluit jou dag af et ’n massering by die Aroma Boma spa. Hoogs aanbeveel vir paartjies op wittebrood. Drink ’n glas Pinotage - ’n eg Suid-Afrikaanse kultivar- terwyl jy met mede reisigers kuier tydens ete of voor die vuur, ook bekend as die natuur se televisie.

Plaaslike dansers en sangers bied outentieke Afrika vermaak terwyl die sjef vir jou die aand se spyskaart verduidelik. By hierdie bos safari lodge in die Sabi Sands word smaakvolle Suid-Afrikaanse disse soos springbok, gemsbok, kudu en volstruis voorberei.