Afsondering en Eksklusiwiteit
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Londolozi Boskamp bied romantiese afsondering en eksklusiwiteit aan tussen die boomtoppe van die Sabi Sands Privaat Wildreservaat.

Hoogtepunte

Panoramiese uitsigte van die Boom Kamp se dek
Relais & Chateau fynproewers status
Verskeie Groot Vyf en luiperd besigtigings

Jou Ervaring

Die uitleg van die Londolozi Boomkamp is ideaal vir uitsigte oor die Suid-Afrikaanse bos. Fynproewers aandetes op die dek met die lig van lanterns is 'n moet vir wittebroodpaartjies en gewone paartjies. Die area is ook die plek om tyd te spandeer deur die dag terwyl jy jou glasie lig vir die troppe olifante wat onder verbystap.

Aandag aan besonderhede is opmerklik in die meubels en dekor wat as modern en elegant beskryf kan word. Sodra jy jou voete in die kamp sit sal jy deel voel van die natuur, maar met al die luukshede wat daarmee gepaard gaan. Elke private suite is gelȅe tussen die boomtoppe met 'n private swembad en sala (uitkyktoring). Jy kan deelneem aan ʼn wildrit waar jy verseker is om luiperds en leeus waar te neem wat vrylik in hierdie area rondbeweeg.

Beweeg saam met die pas van die natuur op n begeleide bos staptog waar jy die klein diertjies en insekte kan waarneem en waardeer in die Afrika bos. Tussen die wild besigtigings toere kan jy masseer terapie, joga of fiksheid sessies geniet.