Red Lionfish
Duiwel vuurvis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Duiwel vuurvis/Lionfish

Alias

Turkeyfish; Firefish

Wetenskaplike naam

Pterois

Grootte

Tot 50 cm, gemiddeld 30 cm.

Identifikasie

‘n Paar waaiervormige borsvinne en ‘n stekelrige eerste rugvin wat soos ‘n leeu se maanhaar lyk, vandaar die Engelse naam “lionfish”. Kleur varieer met maroen en bruin dominant met wit vertikale lyne.

Algemene Inligting

Die Pterois genus bestaan uit 9 spesies. Stekels is giftig, maar nie dodelik nie. Goeie kamoeflering. ‘n Rustige vis wat nie maklik skrik vir duikers nie. Word dikwels kop onderstebo op koraalriwwe aangetref waar hulle besig is om te jag. Jag meestal snags en gebruik hulle wyd gespreide borsvinne om prooi in ‘n hoek vas te keer. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van klein vissies, garnale en krappe.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Breëbalk-vuurvis/Spotfin lionfish (Pterois antennata)
Duiwel-vuurvis (Pterois miles)
Straal-vuurvis (Pterois radiate)