Gurnards
Knorhaan

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Knorhaan

Alias

Sea robins

Wetenskaplike naam

Triglidae

Grootte

Tot 1 m, gemiddeld 40 cm.

Identifikasie

Groot, vierkantige benerige kop wat geleidelike dunner word tot by ‘n stomp stert. Borsvinne het 2-3 aparte strale aan die voorkant. Kleur is meestal grys en swart op die lyf en die borsvine het helderblou randjies.

Algemene Inligting

Die Triglidae familie bestaan uit 14 genera en 100 spesies. Bodemlewend. Die borsvinne word gebruik om voedsel op te spoor. Kan ‘n trommel-geluid maak met hul swemblase. Word soms gesien “vlieg” op die oppervlakte deurdat hulle hul borsvinne uitsprei wanneer hulle deur bote versteur word. Pelagiese kuitskieters.

Voeding

Leef hoofsaaklik van weekdiere en klein skaaldiertjies.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Blouvin knorhaan - Chelidonichthys kumu
Vlieënde knorhaan - Dactylopteridae orientalis
Tub gurnard - Trigla lucerna