Galjoen
Galjoen

© Jean Tresfon

Gewone familienaam

Galjoen

Alias

Black fish, Black bream

Wetenskaplike naam

Dichistiidae

Grootte

Tot 80cm, gemiddeld 40cm

Identifikasie

Liggaam is amper vierkantig. Groot kop met stomp stert (verkort). Vinne het prominente penne. Mond is klein met snytand-agtige tande. In staat om baie vining van kleur te verander van swart in rotsagtige areas tot silwer-brons in sanderige areas.

Algemene inligting

Die Dichistiidae familie bestaan uit 1 genus en 2 spesies. Suid-Afrika se nasionale vis. Die gestreepte galjoen is kleiner. Kom voor in ruwe waters naby riwwe of rotsagtige gebiede. Kragtige swemmer. Gewilde hengelvis. Word ook gevind in vars water. Pelagiese kuitvis.

Voeding

Leef van klein vissies en skaaldiertjies deur hulle in te suig. Vreet ook ongewerweldes, mossels, eendmossels en rooi-aas.

Verspreiding

Kom slegs voor in die suid-oos Atlantiese oseaan en Suid-Afrika.

Algemene spesies

Galjoen
Dichistius capensis
Gestreepte galjoen
Coracinus multifsciatus