Flatheads
Platkop

© Johan Boshoff.

Gewone familienaam

Platkop

Alias

Crocodilefish

Wetenskaplike naam

Platycephalidae

Grootte

Tot 1 m, gemiddeld 30 cm.

Identifikasie

Groot plat koppe, gepunte sterte. Ligte en donker kamoeflering oor die hele liggaam. Swart, bruin, beige en wit. Kan van kleur verander om by omgewing in te pas.

Algemene Inligting

Die Platycephalidae familie bestaan uit 18 genera en 60 spesies. Bodemlewend. Skuil onder die sand of gebruik kamoeflering om prooi te vang. Hap en sluk die prooi in wanneer dit naby genoeg is. Liggame is rond wanneer hulle swem. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van skaaldiere en klein vissies.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Bartail flathead (Platycephalus indicus)
Broadhead flathead (Thysanophrys arenicola)
Longhead flathead (Papilloculiceps longiceps)