Cavebass
Spelonkbaars

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Spelonkbaars

Alias

Lampfish

Wetenskaplike Naam

Dinopercidae

Grootte

Tot 75 cm

Identifikasie

Afgeplatte oval liggaam. Klein kam-agtige skubbe. Stomp stertvin. Onderkaak steek verder uit as bokaak. Swarterig bruin met wit vlekkies wat verdof in volwassenes.

Algemene Inligting

Die Dinopercidae familie bestaan uit 2 genera en 2 spesies. Word gevind onder rotslyste of by die ingang van grotte. Maak ‘n trommelgeluid. Snags aktief. Pelagiese broeiers.

Voeding

Leef van soöplankton en klein skaaldiere.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.