Algemene Siektes in Varswater Visboerdery

©Dr David Crosby, VSU

Siektes en gesondheidsprobleme in varswatervisboerdery kan voorkom weens faktore soos patogene, swak waterkwaliteit en stres. Patogene wat aansteeklike vissiektes veroorsaak sluit in bakterieë, virusse, parasiete en fungi.

Vissiektes kan geklassifiseer word as aansteeklik en nie-aansteeklik en kan varieer tussen spesies.

Warmwater visspesies (bv tilapia en baber) is meer vatbaar vir epizootic ulcerative syndrome (EUS) terwyl kouewater visspesies soos reënboogforel weer maklik siektes soos bacterial cold-water disease (BCWD) en rainbow trout fry syndrome (RTFS) kry. Reënboogforel kan ook twee virale siektes opdoen; viral haemorrhagic septicaemia (VHS) en infectuous pancreatic necrosis (IPN), maar dit kom nie in Suid-Afrika voor nie.

Tekens van Siekte Onder Vis

Hoë temperature, swak waterkwaliteit en stres is gunstige toestande vir die uitbreek en verspreiding van siektes onder vis. Visboere behoort ‘n noodplan te hê in geval van ‘n gesondheidskrisis onder hulle vis. Dit behoort in te sluit vroeë herkenning van siekte, die ondersteuning van ‘n gesondheidsinpekteur vir bevestiging van die siekte en ‘n lys van wettige aanvaarde medikasie.

In geval van ‘n ernstige noodgeval, behoort daar ‘n ontruimingsplan te wees sodat vis as tussentydse behandeling verskuif kan word na ‘n ander dam (met geen ander vis nie) met beter waterkwaliteitstoestande.

Let daagliks op na enige van die volgende tekens van siekte onder varswatervis:
Verhoogde mortaliteit (nog dooie vis).
Vis wat stadiger swem.
Vis wat na-aan die oppervlak swem.
Vis wat op hul sye swem.
Vinne wat tekens toon van kleurverandering, swere of verrotting.
Visse wat van kleur verander.

Bakteriële Kieu-siekte

Ook bekend as ‘omgewings-kieu-siekte’, word hierdie siekte veroorsaak deur Flavobakterium en is ‘n sekondêre infeksie van die kieue nadat hulle beskadig is deur irritasies soos hoë vlakke van ammoniak in die water.

Hoe: Weens swak water kwaliteit en hoë temperature.
Simptome: Verwering van kieu-weefsel (wit, dooie kolle) en sigbare bakteriële massas wat groei op die kieue.
Behandeling: Verbeter die omgewing. Gebruik growwe sout wat nie gejodeer is nie. )1 kg per 1000 liter water), Chloramine-T of Hyamine.

Vin en Stertverrotting

Hierdie infeksie van die stert en vinne word veroorsaak deur Flavobacterium en kom voor in swak omgewingstoestande en hoë temperature.

Simptome: Vinne wat rooi word met wit verweerde areas aan die punte.
Behandeling: Verbeter die omgewing. Gebruik growwe sout wat nie gejodeer is nie, Chloramine-T.

Furunculosis en Aeromonas

©Dr David Crosby, VSU

Hierdie bakteriese siektes kom voor in vis wat gestres is, gewoonlik in hoë digtheid (te veel vis saamgegroepeer), in hoë watertemperature en swak waterkwaliteit.

Simptome: Oormatige slym op die liggaam en areas wat rooierig verkleur. Wit kolle op die vel, swere en uitpeuloë.
Behandeling: Ontsmetting vir oppevlakkige infeksies en antibiotiese behandeling vir sistemiese (inwendige) infeksies.

Costia

Costia is ‘n klein, vinnig-bewegende parasiet wat gewoonlik voorkom wanneer vis gestres is weens oorbevolking of swak waterkwaliteit. Hierdie parasiet is aktief in temperature tussen 20°C tot 29°C en kan ernstige mortaliteit veroorsaak onder jong vissies.

Simptome: Milky haze (grys/wit laag) oor die liggaam, veral die sye. Oortollige slym, vel wat rooi word, flashing of skuur ('flashing’ is wanneer die visse hulleself skuur om van die parasiete ontslae te raak).
Behandeling: Goeie boerderypraktyke, sout, Chloramine-T, Formalien.

Trichodina

Trichodina is ‘n siekte wat veroorsaak word deur die parasiet wat in omgewings met sediment-opbou en hoë oraniese ladings (water met baie organiese materiaal). Die siekte affekteer die vel en kieue.

Simptome: ‘Flashing’ en skuur. Oormatige slym. Vinerosie en/of sere op die vinne. Asemhalingsprobleme.
Behandeling: Verbeter die vis se omgewing (waterkwaliteit), sout, Chloramine-T.

‘White Spot’ - “Ich”

©Kurt Buchmann

‘White Spot’ of (“Ich”) word veroorsaak deur ‘n baie algemene parasiet wat voorkom onder 28°C.

Visse wat gestres of swak is word gewoonlik aangeval en die vel en kieue word geïnfekteer.

Simptome: ‘Flashing’ en skuur. Lustelose beweging. Oormaat slym. Klein wit kolletjies op die vinne en liggaam.
Behandeling: Goeie boerderypraktyke, goeie waterkwaliteit en stabiele temperature. Formalien.

‘Algae Blooms’

©Great Lakes Environmental Research Laboratory

‘Algae Bloom’ is die oormatige groei van alge soos algemeen onder goeie toestande – genoeg lig en voedingstowwe. Dis baie algemeen onder nethokke en in statiese poele (geen lopende water) of damme. Sommige alge kan toksiene afskei wat visvrektes kan veroorsaak.

Simptome: Water raak rooi, blou, groen of bruin. Visse sukkel om asem te haal – kieue is verstop met alge. Alge kan die smaak van die vis en die kwaliteit van die vleis beïnvloed.
Behandeling: Beheer algevlakke in die water. Voorkom die opbou van voedingstowwe, veral onder die nethokke in foreldamme. Verhoog die suurstofvlakke van die water waarin die ‘algae bloom’ voorkom.

‘Cotton Wool Disease’

‘Cotton Wool Disease’ word veroorsaak deur die fungus-agtige Saprolegnia, wat altyd in water aanwesig is. Dit veroorsaak probleme in water wat ryk is aan organiese materiaal, of baie ontbindende vis of ontbindende vismateriaal bevat. Forel is meer kwesbaar gedurende die broeiseisoen.

Simptome: Fungus versprei oor die liggaam and veroorsaak wit klosse wat soos watte lyk.
Behandeling: Verbeter wateromgewing. Goeie boerderypraktyke – daaglikse verwydering van dooie vis. Beperk stres en fisiese beserings gedurende vangpogings met nette, of ander hantering. 

Hoe om Vissiektes te Hanteer

‘n Deeglike diagnose moet gemaak word alvorens enige vis behandel word, en daar moet deeglik besin word oor die voordele sowel as die nadele van die behandeling van die vis.

Kies die mees gepaste behandeling en metode. Byvoorbeeld, kies tussen bath treatments (om in die hokke te gebruik) of gemedikeerde kos.

Wanneer siek visse vir die eerste keer met ‘n nuwe medisyne behandel word, moet dit eers op ‘n klein groepie visse getoets word. Moenie die vis voer vir 24 uur voordat die medisyne toegedien word nie. Die verteringsproses gebruik suurstof en dis belangrik om soveel suurstof as moontlik te bewaar vir die vis.

Maak seker dat jou berekeninge en doserings van medisyne akkuraat is – gebruik akkurate biomassa (totale gewig van al die vis) en die korrekte volume water. Behandel altyd vroeg in die oggend (teen lae watertemperature) en monitor die reaksie van die vis.

Hou altyd by die aanbevole onttrekkingsperiodes wanneer jy chemkalieë en ander middels gebruik. Die onttrekkingsperiode is die tydperk waarin die medisyne verteer word todat daar geen spore meer van die middel waarneembaar is in die vis nie.

Saam met die medikasie moet die wateromgewing (waterkwaliteit) ook verbeter word en enige bykomende stres soos om die vis te hanteer of te verskuif, vermy word.

Hou gedetailleerd rekord van behandeling met datums, tipe behandeling, redes vir die behandeling, die reaksie van die vis ensovoorts.

Translated by Elna Van Rhyn