Maak Familie Herinneringe
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Deel goeie tye saam met familie en vriende by hierdie eksklusiewe selfsorg safari lodge in die bekende Sabi Sands Privaat Wildreservaat.

Hoogtepunte

Selfsorg lodge ideaal vir familie of klein groepe
Besigtigingsdek met uitsig oor ’n watergat
Wildbesigtigingsritte op eie voorkeur, met persoonlike safari voertuig en deskundige spoorsnyer
Sjef wat op versoek vir jou sal kook
Groot Vyf besigtigings

Jou Ervaring

Djuma Galago Camp sal soos jou tweede huis voel. Hierdie selfsorg lodge in die Sabi Sands is gesinsvriendelik en kan tot tien gaste akkommodeer. Hier is die chalets skoon en gemaklik met ’n warm atmosfeer. Hier is daar geen rede om haastig te wees nie.

Gaste het die opsie om van ’n eksklusiewe wildbesigtigingsrit met ’n privaat voertuig gebruik te maak, sodat jou dag volgens jou eie skedule verloop. Djuma Galago is 'n selfsorg lodge in die Sabi Sands-gebied wat bekend staan ​​vir sy hoë gehalte wild safari’s. Hul spoorsnyers is van die beste in die gebied, met uitgebreide kennis en kundigheid. Gaste kan uitsien na persoonlike ervarings met familie en vriende, op eie pas en tydsberekening.

Nie net kan gaste kies wanneer hulle aan die verskeie aktiwiteite wil deelneem nie, maar hulle kan ook op hul eie maaltye besluit. Die kookgeriewe is meer as voldoende, met ’n ten volle toegeruste kombuis. Daar is geen rede om oor die skottelgoed te bekommer nie. Die personeel is byderhand en help graag. Vir verdere gerief kan 'n sjef ook gereël word om op u versoek te kook.