Mount Anderson Water Reservaat is ideaal vir families en klein groepe wat opsoek is na ’n intieme, unieke en eksklusiewe wegbreek in die natuur.
Privaat besigtigingsdek wat oor die omliggende berge uitkyk
Hope buitelug aktiwiteite - staproetes, visvang, fietsry, safari’s, perdry
Gratis wasgoed en kroegdienste
Bos wandelinge en wildbesigtigingsritte gelei deur ervare spoorsnyers
Eetkamer, snoekertafel en stoep wat oor ’n forel dam uitkyk
Mount Anderson Water Reservaat is slegs ’n entjie vanaf die dorp Mashishing (Lydenburg) in Mpumalanga geleë. Die eienaars, Norma en Michael Rattray, het die perseel en die omliggende area, wat ’n oorbeweide plaas was, lieflik gerestoreer. In 1993 was Mount Anderson Water Reservaat as Suid-Afrika se heel eerste privaat water opvang reservaat aangekondig.
Die reservaat dien die plaaslike gemeenskap, asook die Kruger Park area. As deel van die reservaat se projek om water te bespaar, is daar geen swembaddens op die perseel nie. Daar is wel heerlike skoon damme in die area wat ’n natuurlike gevoel tot jou ervaring voeg. Die grasvlaktes bied ’n oorvloed blomme en voëls, asook verskeie wild. Gaste sien gereeld jakkals, swart wildebees, rooiribbok, sebra, eland en blesbok.
Mount Anderson Water Reservaat bied hope buitelug aktiwiteite aan. Hier sal jy besig en gelukkig gehou word met staproetes, bergfietsry, perdry, forel vang, wildbesigtigingsritte, swem en bootritte.
Daar is ongelooflike spasie by hierdie privaat wildreservaat en die beste manier om van hierdie spasie gebruik te maak, is met ’n rustige piekniek buite in die vars lug. Ontspan en neem die uitsigte in terwyl die voëls in die digte bosveld sing.
Wanneer die son dan op die horison begin sak, en die sterre hul gesigte begin wys, kan jy terug gaan na die luuksheid en absolute gemak van jou privaat kamer.