Zinfandel

© Glenneis Kriel

Naam

Zinfandel

Beskrywing

Zinfandel kom oorspronklik van Kroasië en hierdie rooi druif is baie gewild in Kalifornië sedert die mid-1900’s. ’n Intense rooiwyn of ’n rosé-styl witwyn word van hierdie variëteit gemaak.

Oorsprong

Kroasië

Ander Name

Daar is meer as 30 sinonieme vir Zinfandel, maar die bekendste is Primitivo (Italië) of Crljenak kaštelanski (Kroaties). Plavac Mali word beskou as dieselfde, maar is geneties ’n ander variëteit.

Produksie in Suid-Afrika

Omtrent 24 hektaar Zinfandel kom in Suid Afrika voor, met 16ha in Stellenbosch en 8ha in die Paarl.

Produksie Streke

Paarl en Stellenbosch

Groei

Zinfandel het ’n te hoë opbrengs om ’n gekonsentreerde rooiwyn te maak en dit kan lei tot ’n bessiekonfyt geur. Die wingerdstokke moet jaarliks deeglik gesnoei word om van die jaar se vrugtedraende stamme ontslae te raak. Die kultivar gedy in gemiddelde tot swak vrugbare grond en die ideale spasiëring is 5 voet van mekaar af.

Oestyd

Zinfandel gedy in warm klimaatstoestande. Dit word oneweredig ryp en middel tot laat-seisoen geoes.

Druiwekorrels

Die korrels is ’n diep blou-swart, het ’n dun dop en word in lang keëlvormige tot silindriese trosse gedra wat maklik kan vrot word. Die grote van die korrels word deur besproeiing beïnvloed, hoe meer water hoe groter. Verkeerde besproeiing kan die korrels laat vrot. Die druif se hoë suikerinhoud kan wyn met ’n hoë alkoholvlak voortbring.

Blare

Zinfandel blare is dikwels oorvleuelend, vyflobbig en harig aan die onderkant.
©Glenneis Kriel

Siektes en Plae

Zinfandel se digte, kompakte trosse is vatbaar vir fisiese skade, insekte of siektes. Ouer wingerde kan die rolblaar virus hê.

Gebruik

Die hoë-suiker Zinfandel kan hoë alkohol en vol intens gekleurde rooiwyne, ’n port-styl wyn of ’n rosé witwyn genaamd ‘White Zinfandel’ voortbring. Hierdie styl is baie gewild in Amerika en is in 2007 deur Blaauwklippen Winery aan Suid Afrika bekend gestel.

Smaak

Zinfandel se geur kan wissel van ’n strategiese blom tot veral vrugtige smaak soos pruim. ’n Bessiekonfyt geur in die wyn kan druiwe met ’n hoë opbrengs aandui.Translated by Ananda Schoeman