Winter Grane in Suid-Afrika

©Glenneis Kriel

Die belangrikste winter grane in Suid-Afrika is koring, kanola en moutgars. Die meerderheid van hierdie grane word geproduseer in die winterreënvalgebied van die Wes-Kaap provinsie. Produksie in hierdie provinsie vind plaas in die Suid-Kaap en Swartland, waar koring gewoonlik die belangrikste bron van inkomste is. 

Met 'n beperkte oes keuse om met koring uit te ruil hou graan boere dikwels vee soos skape of beeste aan om waarde toe te voeg aan gewasse in die rotasie sisteem, soos lusern, medics en lupine.

Koring

©Glenneis Kriel

Suid-Afrika is 'n netto invoerder van koring, wat beteken dat ons groot volumes van koring moet invoer om te vergoed vir die tekort in die plaaslike produksie mark. Die area onder produksie het aansienlik gedaal oor die jare as gevolg van swak winsgewendheid en die hoë risiko's wat verband hou met produksie. Volumes wat per hektaar geproduseer word het toeneem danksy doeltreffendheid en verbeterde boerderytegnieke. 

Koring word geproduseer regoor die land, al is dit in baie klein volumes in sommige provinsies. Dit geskied óf op droëland óf onder besproeiing. 

Die Vrystaat in die somerreënvalgebied was voorheen gesien as die 'broodmandjie' van die land, as gevolg van die hoë volume landbou in die provinise. Tog het produksie in die streek die afgelope dekade aansienlik afgeskaal omdat die boere eerder gewasse verkies met 'n hoër potensiële inkomste en laer gepaardgaande risiko's.

Met beperkte produksie alternatiewe het die Wes-Kaap in die winterreënvalgebied, wat die Swartland en Suid-Kaap insluit, sedertdien hierdie rol oorgeneem. Die provinsie is nou verantwoordelik vir ongeveer die helfte van die totale oppervlakte van Suid-Afrika se koring produksie. Koring word onder droëlandtoestande in die provinsie geproduseer.

Kanola

©Glenneis Kriel

Kanola produksie is 'n winter oes en word dus hoofsaaklik in die winterreënvalgebied van die Wes-Kaap geproduseer. Proewe word nogtans gedoen om ander gebiede te identifiseer waar hierdie gewas geplant kan word as gevolg van die groeiende vraag na Kanola-olie. 

Produksie was gewoonlik minder winsgewend as koringproduksie, en boere het kanola hoofsaaklik geplant vir sy wisselboustelsel voordele. Dit help om die siekte siklusse wat verband hou met koring wat geproduseer is as 'n monokultuur te breek en laat boere toe om hul onkruiddoders te ruil vir beter onkruidbeheer. Verbeterde doeltreffendheid het nietemin kanola se verdienste verbeter, wat dit in 'n waardevolle gewas verander het.

Moutgars

©Glenneis Kriel

Gars word geplant in Suid-Afrika vir mout doeleindes, omdat sy waarde as voer nie die hoë risiko's in produksie regverdig nie. Meeste van die gars word verkoop aan een groot brouery, nl. AB InBev. Klein volumes kan verkoop word aan klein brouerye, maar dit maak nie kommersieël sin nie. 

Gars word onder besproeiing geplant in die Noord-Kaap en op droëland in die Suid-Kaap. Die beskikbaarheid van nuwe variëteite het gelei tot uitbreiding van produksie na die Swartland in die Wes-Kaap. 

Translated by Wilma Koeppen