Welsyn van Konyne

© Judy Stuart

Vryheid van Dors, Honger en Wanvoeding

Elke konyn moet daagliks genoegsame kos en water van die regte kwaliteit ontvang om te groei en te teel.

Vryheid van Ongemak

Elke konyn moet ’n hok hê wat groot genoeg is vir natuurlike beweging en wat hulle beskerm teen die weer en roofdiere.

Vryheid van Pyn, Besering en Siekte

Elke konyn moet gereeld ondersoek word om te verseker dat hulle gesond en vry van parasiete is. Hulle hok moet op só ’n manier gemaak wees dat daar nie draad uitsteek wat die dier kan seermaak nie.

Vryheid om Normaal op te Tree

Die hok moet hoog genoeg wees sodat die konyn op hulle agterpote kan sit en groot genoeg wees dat die konyn plat kan uitstrek op hulle sy en maklik kan rond hop.

Vryheid van Vrees en Benoudheid

Die konyn moet beskerm word teen harde, skielike geluide, honde en ander roofdier en moet nooit honger of in pyn gelaat word nie. Die korrekte hantering van konyne is ook belangrik. Wanneer ’n konyn opgetel word moet hulle veilig in die persoons se arms voel en hulle moet nooit by die ore opgetel word nie. Lees meer oor “Hoe om ’n konyn te hanteer”.
As hierdie vyf basiese reëls nagekom word, sal die konyn sy rol vervul en goed teel.

Translated by Nina Joubert