Romantiese, Afsonderlike Wegkruipplek
Welgevonden Wildreservaat, Limpopo

Die Clifftop Exclusive Safari Hideaway is ’n romantiese, afsonderlike wegkruipplek in Limpopo se pragtige Waterbergdistrik.

Hoogtepunte

Besigtinge van die Groot 5, die Klein 5 en vele ander spesies
Dramatiese kransranduitsigte wat sorg vir wildbesigtiging van die privaatheid van jou eie dek
Malaria-vrye private wildreservaat langs die Marakele Nasionale Park
Vyfster kos wat in intieme eetplekke in die lodge bedien word
’n Romantiese, afgesonderde wegbreek met ruim akkommodasie, slegs 3 uur buite Johannesburg

Jou Ervaring

Romantiese luuksheid word aangebied by Clifftop Exclusive Safari Hideaway, geleë in die asemrowende Waterbergdistrik in Limpopo. Dit is die tuiste van die Groot 5 en ’n verskeidenheid ander diere, asook volop voëllewe. Hierdie afsonderllike wegkruipplek bied ’n outentieke Suid-Afrikaanse safari-ervaring aan.

’n Sagte romantiese tema heers deur die lodge, insluitend die dekor, algemene atmosfeer en selfs die kos wat lekker lyk en heerlik proe. Die personeel is hartlik, vriendelik en sorg vir al jou behoeftes, sonder dat hulle jou privaatheid binnedring.

Al die kamers van hierdie intieme lodge is elegant gemeubeleer, heeltemal privaat en toegerus met alles wat jy moontlik kan nodig hê tydens jou romantiese wegbreek in die bosveld.

Clifftop Exclusive Safari Hideaway is die perfekte plek vir ’n intieme wittebrood, of om eenvoudig weer jou geliefde te leer ken.