Weisser Riesling

© Glenneis Kriel

Naam

Weisser Riesling

Beskrywing

Weisser Riesling is ’n wit druifvariëteit wat gebruik word om vonkelwyn en ligte, vrugtige, droë semisoet en soet witwyne van te produseer. Dit word as die koning van die Duitse druifvariëteite gesien.

DNA analise het Gouais Blanc as die een variëteit van die kruising bevestig, maar die ander kultivar is nog onbekend. Daar word beweer dat dit ’n wildedruif, Traminer, of ’n kruising tussen ’n ander wilde druifvariëteit en Traminer kan wees.

Oorsprong

Weisser Riesling is al sedert die Middeleeue in Europa verbou en kom van die Rynvallei in Duitsland. Dit het groot sukses in die 19de en 20ste eeu behaal met wynpryse wat vergeleke is met die beste wyne van Boergondië en Bordeaux. Mark verwarring, ook in Suid Afrika, het egter ontstaan toe produsente die Weisser Riesling-naam vir ander variëteite begin gebruik het om op hierdie druif se sukses te ry.

Ander Name

Sinonieme sluit Rhine Riesling, Riesling, Petit Riesling en Ryn-Riesling in.

Produksie in Suid Afrika

Die eerste Weisser Riesling klone is in die 1960’s na Suid Afrika gebring en in die mid 1970’s vir kommersiële produksie vrygestel. Een van die eerste probleme was verwarring met Cape Riesling, wat eintlik glad nie ’n Riesling is nie, maar ’n Crouchen.

Om hierdie verwarring uit te skakel is daar in 2010 ’n wetgewing uitgereik dat slegs wyne van Weisser Riesling die Riesling etiket kan kry. Die hoof produsente van Weisser Riesling in Suid-Afrika het die Just Riesling Association gestig om bewusmaking van en geïnteresseerdheid in hierdie variëteit aan te wakker.

Produksie Streke

Weisser Riesling word oral in Suid-Afrika se wynstreke gevind, maar die produksie areas is baie klein. Die meeste wingerde word in Stellenbosch, die Kaapse suidkus en die Paarl gevind. Weisser Riesling gedy in koel klimaatstoestande.

Groei

’n Gemiddelde groeier met ’n gemiddelde opbrengs potensiaal van 10 – 12 ton per hektaar.

Oestyd

Weisser Riesling word vroeg in die seisoen ryp, gewoonlik vanaf einde Februarie tot vroeg Maart.

Druiwekorrels

Die korrels is klein tot mediumgroot, rond en helder groen tot geelgroen. Die doppe is dun en taai, maar die vleis is sag en sappig.

Blare

Weisser Riesling blare is rond, mediumgroot, donkergroen en vyflobbig.
©Glenneis Kriel

Siektes en Plae

Weisser Riesling is vatbaar vir botritis en suurvrot.

Gebruik

Plaaslik word Weisser Riesling primêr gebruik om droë wyn of ’n dessertwyn in die Natuurlike soetwyn of Edellaatoeswyn style te maak.

Smaak

Weisser Riesling wyne is ’n dowwe strooi tot goudgeel kleur. Dit is goed gebalanseerde aromatiese wyne met ’n blomme of vrugte boeket en subtiele peper en muskadel geure.Translated by Ananda Schoeman