Weidingsbestuur

©Pannar Saad

"Dit neem gras om gras maak” is 'n leuse wat gebruik word deur 'n beesboer van die VSA wat al toekennings vir sy boerdery gewen het. Hy fokus op die belangrikheid van weidingsbestuur om organiese materiaal in die grond te sit en grondvog te bewaar. 

Goed bestuurde weiding dra aansienlik by tot die volhoubaarheid en gesondheid van ekosisteme op 'n plaas, maar ewe belangrik is weidingsbestuur wat die sukses van die duur potensiële operasie van die aanplant van weiding verseker.

Afgesien van voldoende beplanning om gehalte en produksie van weiding ten volle te benut, is dit noodsaaklik om bestuurspraktyke wat geskik is vir die tipe gewas, die vee wat jy nodig het om te voed sowel as jou plaas grond, water beskikbaarheid en klimaat toe te pas.

Wanneer 'n nuwe tipe voer of die toets van nuwe tegnologie beplan word, moet jy op'n klein skaal begin. Nie net sal dit makliker wees om te bestuur nie, maar dit kan meer ekonomies en makliker wees om uit te brei / af te skaal soos jy resultate sien.

Onkruidbeheer In Weiding

©Navajo Agricultural Products Industry

Dit is belangrik om onkruid te beheer tydens die plant van weiding omdat jong saailinge baie sensitief is vir onkruid wat meeding vir water, voedingstowwe en sonlig. Onkruide soos kruiskruid kan miskien giftig wees vir beeste en perde wat wei in die weivelde. 

Die ideaal is dat die weiding digtheid dig genoeg moet wees om onkruid se groei te beperk. Weivelde wat oorbewei is kan lei tot kaal grond. Dit kan tot voordeel van 'n spesifieke onkruid  se groei wees so deklaagbewerking, indien prakties, word in die weiveld stelsel aanbeveel.

Onthou dat onkruid 'n aanduiding van voedingstekorte/vergrype in jou grond kan wees, byvoorbeeld die Fumaria plante wat hoë kalium grond verkies. Om onkruid te beheer kan grondontleding gedoen word om vas te stel watter bemestingsprogram nodig is. 

Onkruid kan ook chemies beheer word. Breëblaaronkruidbeheer kan verskeie onkruiddoder programme of aansoeke om dit toe te pas gedurende die seisoen vereis. Aansoeke om dit toe te pas op verskillende tye in die jaar kan onkruide wat ontkiem gedurende die verskillende seisoene beter beheer.

Bestuur Van Weiding Gebruik

©Zeynel Cebeci

Moenie te Kort Wei Nie
Moenie toelaat dat diere te vroeg en te dikwels wei op nuut aangeplante weiding nie. Afhangende van die gewas, wag totdat plante ten minste 20 cm hoog is. Die meeste voergewasse moet nie korter as 10 cm  bewei word nie, omtrent die breedte van 'n hand. Dit sal hewige hergroei toelaat. Oorweeg 'n ligte veebelading - ʼn laer aantal diere per weidingsveld. Dit kan so laag wees as een vleisbees per 3 hektaar.

Roteer Weivelde
Oorweeg die verdeling van weiding in kleiner kampe om die oorbeweide weivelde te rus vir so lank as ses weke. Ruil diere tussen kampe en beweeg hulle uit wanneer die weivelde te kort is.

Bemes Weiding
Afhangende van grondontleding, kan dit nodig wees om voedingstowwe terug in die grond te sit. Waar peulgewasse gebruik word as deel van die weidingsgewas mengsel, kan dit miskien nie nodig wees om stikstof by te voeg nie. Sommige boere eg hul weivelde na weiding om die mis op te breek en dit egalig te versprei.

Beplan die Gebruik van Weiding
Die oorgang van weiding tot oes is tyd-krities. Dit sal afhang van die eind gebruik van die weiding bv. hooi of kuilvoer en die weidingsgewas mengsel bv. gras-peulgewasse asook die groeistadium van die weidings mengsel.

Ewe tyd-kritiese, is die terugkeer van die oes na weiding. Sal nuwe weiding gevestig word of sal “oversowing” gedoen word? Oversowing is die tegniek om 'n weidingsgewas soos klawer te saai in bestaande weivelde sonder bewerking, of om die grond te versteur of 'n saadbed voor te berei.  

In teelt stelsels, word verskillende weiding mengsels saam gegroei. Sommige word dan geoes vir kuilvoer, terwyl die res toegelaat word om te groei vir die gebruik as weiding.

Translated by Wilma Koeppen