Wat is Ryp?

© Robert Reisman

Ryp is die wit laag van bevrore water wanneer die minimum temperature op grondvlak onder 0ºC is. Ryp kan gesien word op die grond of op plante wat naby die grond is. Sommige gewasse word erg beskadig of gaan dood in die ysige temperature, wat veroorsaak word deur yskristalle binne-in die plant, so ryp is 'n baie belangrike klimaatstoestande raamwerk om die geskiktheid van 'n gewas te bepaal in 'n spesifieke boerdery area. 

Die aantal dae waarop ryp voorkom kan nie gewasse so beïnvloed soos hoeveel  aantal deurlopende dae dit geryp het nie. 

Gewasse het verskillende minimum temperature en as dit onder dit gaan sal plante erg beskadig of doodgemaak word. Hierdie temperatuur verskil wyd tussen die verskillende gewas spesies. Sommige gewasse, soos tropiese en subtropiese gewasse kan al reeds doodgaan by 'n temperatuur van 5°C.

Om te besluit watter gewasse om te plant in jou area, is dit nodig dat jy die plant se sensitiwiteit vir ryp evalueer.

Wat is Swart Ryp?

'Swart ryp' gebuer wanneer temperature onder vriespunt daal, maar geen wit ryp word gesien nie. Dit gebeur nie baie dikwels nie en kom voor een keer in 'n paar jaar, maar dit is meer skadelik as die gewone wit ryp en kan plante en selfs dele van bome doodmaak.

Aankomsdatum van Ryp

Swaar ryp is die aanduiding dat dit die einde van die groeiseisoen vir gewasse is wat gevoelig vir ryp is tydens hul rypwordingsperiode. 

Indien die gewas nie ryp is teen die uitgang datum nie kan ernstige oesverliese voor kom. Deur terug te werk vanaf hierdie datum, kan 'n boer die laaste datum skat vir die aanplant van gewasse om ryp te vermy gedurende die rypwordings proses. 

In die mielieverbouing gebiede van Sandvet, Vaalharts, Oranje-Riet, Douglas en die Benede-Oranjerivier, is die aankomsdatum van ryp ongveer 20 Mei. Lang seisoen mielies, wat ʼn groei seisoen van ongeveer 150 dae het, moet nie later geplant word as middel Desember nie. 

Vir die winter gewasse wat gevoelig vir ryp is in hul saailing stadium, kan plantdatums gereël word sodat die plant verby sy sensitiewe stadium is wanneer dit begin ryp.

Uitgang Datum van Ryp

Die uitgang datum van ryp is die begin van die groei seisoen vir somergewasse wat gevoelig vir ryp is tydens hul saailing stadium. 

In boerderygebiede met hoë reën, moet die aanplant van gewasse slegs gedoen word na die eerste reënval geskied het. 

In besproeiings boerderygebiede kan aanplanting so gou as moontlik geskied as die gevaar van ryp verby is en die temperature hoog genoeg is. Vir die vroeë bemarkbare somergewasse soos groente, waatlemoene en spanspekke, is dit tot boere se voordeel om goeie pryse te behaal.

Ryp Areas in Suid-Afrika

Landbougebiede in die sentrale dele van Suid-Afrika met die lang en harde tydperke van ryp, is almal hoog bo seevlak en ver van die see. Wolklose winter nagte en droë lug dra by tot die voorkoms van ryp. 

Rondom die besproeiingskemas in die Vrystaat en Noord-Kaap, is die ryp tydperk relatief lank, en wissel van 91 tot 120 dae. Plase in en rondom die besproeiingskemas in die Limpopo-vallei, noord Limpopo Provinsie, die Laeveld (Mpumalanga en Limpopo provinsies) en die kus plato van KwaZulu-Natal, Oos-Kaap en Wes-Kaap het 'n baie kort ryp tydperk van net 'n paar dae, omtrent 30 dae per jaar. 

In die Oos-Kaap is die ryp tydperk korter (1-30 dae) as gevolg van die diep riviervalleie se invloed op die temperatuur. Hierdie valleie is effens warmer as die Oos-Kaap plato en het dus minder ryp. Die meeste Oos-Kaap se besproeiingskemas is geleë in hierdie valleie. 

Daar is 'n rypvrye strook langs die noorde van KwaZulu-Natal se kus as gevolg van die warm Mosambiek seestroom se invloed. Dit sluit die Makhatini besproeiingskema in. Subtropiese gewasse, bv piesangs, avokado’s, koejawels, verskeie tropiese gewasse en kasjoeneute kan hier gekweek word. 

Navorsing oor klapper palms, 'n tropiese oes, is op die Makhatini plaas besproeiingskema gedoen.

Rypvrye gebiede in Suid-Afrika sluit in die kusstroke van die Oos-en Suid-Kaap, sowel as in die sentrale deel van KwaZulu-Natal. Die smal rypvrye gebied op die oostelike grens van die Mpumalanga en Limpopo provinsies lê hoofsaaklik in die Kruger Nasionale Park gebied.

Translated by Wilma Koeppen