Wat is Listeriose?

©Dr Jim Robinson
The bacteria that caused the Listeria outbreak in 2017/2018 in South Africa was never linked to pork. It was caused by contaminated human hands and packaging.
Waarom het Suid-Afrika in 2017/2018 ’n ernstige uitbreek van listeriose gehad? Listeria monocytogenes - alhoewel dit geheimsinnig en dreigend klink is dit ’n gewone bakterie wat dikwels in die dierlike of menslike ingewande voorkom sonder om enige simptome te veroorsaak. Dit het egter na vore gekom as ’n skadelike virus wat meer as 1000 ernstige gevalle by mense veroorsaak het en meer as 200 sterftes. Die grootste geaffekteerde groepe was baie jong babas, volwassenes ouer as 70 jaar oud en individue met ’n verswakte immuunstelsel.
Die listeria-organisme is in jou omgewing teenwoordig en is maklik om te vind. Die organisme word deur veral beeste, skape en bokke oorgedra eerder as varke, honde en mense en is meer algemeen in koue-klimaat lande. Toevallig is die ST6-stam wat vir die 2017/2018-uitbraak verantwoordelik was nie van Suid-Afrikaanse varke nie. Dus is die koue vleis byna beslis deur mensehande en verpakking besoedel en nie deur die vleis self nie.

Hoe om Listeriose te Voorkom

©University of Nebraska-Lincoln Extension
Wash hands every time you work with fresh meat.
Listeria monocytogenes kan maklik vernietig word deur dit te kook en is met ontsmettingsmiddels en antibiotika behandelbaar. As hierdie organisme vir baie jare regoor die wêreld relatief onskadelik was, waarom het dit dan nou die grootste uitbraak nog op rekord veroorsaak? Dit was ongelukkig ’n kombinasie van faktore wat gehelp het om listeria se oorlewing en groei te verseker.
Dit sluit in:
Die ST6 is ’n besonder aggressiewe stam, waarskynlik as gevolg van ’n geringe mutasie, wat verskeie simptome veroorsaak. Dit wissel van effense griepsimptome tot ’n dodelike inflammasie in die brein. Dit kan in koue temperature soos dié in huishoudelike yskaste en kommersiële koelkamers groei en oorleef. Dit veroorsaak geen noemenswaardige kleurverandering of verandering in reuk in die produkte nie. Dit bly in die biofilm, die dun organiese laag wat op werkoppervlakke en vloere kan opbou. Individuele selle kan hulleself herstel as toestande weer gunstig word.
Die siekte het ’n baie veranderlike en dikwels lang inkubasietydperk (70 dae) voordat simptome sigbaar word. Die besmette persoon of dier kan dalk nie eers die voor die hand liggende diagnostiese tekens toon nie. Diagnose en identifikasie van die bron van die ontsmetting is dus moeilik en tydrowend.
Al die faktore saam laat listeria toegang kry tot abattoirs en vleis verwerkingsaanlegte asook huishoudelike kombuise. Indien daar nie deeglik skoongemaak en ontsmet word nie sal die oorlewende bakterieë in yskaste, warm areas en die biofilm vermenigvuldig. Die besoedeling kan dan van die produsente na die verbruikers se kombuise versprei.

Wenke vir Voedselhigiëne

©Dr Jim Robinson
When working with raw meat it is best to use smooth cuttingboards as it is easier to clean.
Daar is ’n paar essensiële reëls om die verspreiding van bakterieë tydens die hantering van voedsel te voorkom:
Almal wat met rou vleis werk, moet gereeld hande was. Alle kombuisgereedskap en werkoppervlakke moet herhaaldelik skoongemaak word: voor, tydens en na die hantering van voedsel. Skoon lig-gekleurde (verkieslik wit) voorskote word vir alle personeel aanbeveel. Snyplanke moet van ’n gladde materiaal vervaardig word. Vermy hout, dit is te moeilik om te ontsmet. Moet nooit dieselfde snyplank, kombuisgereedskap of houers vir rou en gekookte voedsel gebruik nie. Ontsmet dit na elke gebruik. Gebruik ’n opwasmiddel, skoonmaak- en ontsmettingsmiddel in jou kombuis wat veilig is vir voedsel. Onthou dat skoonmaak die belangrikste aspek van effektiewe dekontaminasie is - 90%. “Wet wipes” is absoluut die ergste. Dit is die grootste verspreider van bakterieë. Gebruik eerder warm water en weggooibare droë papierhanddoeke om kombuisgereedskap te was en droog te maak. Hou die kombuis so skoon soos ’n hospitaal. Die vloere, mure, tafels, houers, yskaste en veral deurhandvatsels moet gereeld skoongemaak word.

Translated by Ananda Schoeman