Wat is Agroecology?

© Alan Rosenberg

Agroecology is 'n wetenskap sowel as 'n landboupraktyk en het 'n wêreldwye beweging geword.

Die Basis van Agroecology

Die basiese beginsel van Agroecology fokus op die ontwikkeling van vrugbare grond en moedig boere aan om die grond te voed, eerder as om die plant te voed. Agroecology eer tradisionele en plaaslike kennis, wat dinamies en sensitief is en voldoen aan die inheemse kennis sisteem van die Iroquois nasie, 'n boorling Amerikaanse stam. Agroecology erken ook dat die landbou moet die ‘7de Generasie Beginsel’ aanspreek. Hierdie beginsel bepaal dat die besluite wat ons vandag maak moet lei tot 'n volhoubare wêreld sewe geslagte in die toekoms in. Hierdie beginsel moedig verder die verbetering van gesonde grond aan deur die versterking van die feit dat ons moet fokus op die grond se ontwikkeling en nie die ontwikkeling van die oes nie.

Die produksie praktyke van Agroecology is gebaseer op ekologiese beginsels en streef daarna om die gebruik van eksterne-gekoopte gebruiksmiddels drasties te verminder.

Agroecology gebruik boerderypraktyke soos tussenverbouingsprogramme, tradisionele visvang en veeboerdery (in teenstelling met die industriële veeboerdery model), die integrasie van gewasse, bome, diere en visse, bemesting, maak en die gebruik van kompos, sowel as die gebruik van plaaslike sade en diererasse.

Agroecology en Boerdery

©Alan Rosenberg

Agroecology stel boerdery voor wat fokus op voedselproduksie wat die beste gebruik maak van die natuur se goedere en dienste, terwyl dit nie hierdie hulpbronne beskadig nie. Boerdery floreer en is volhoubaar wanneer dit saamwerk met plaaslike ekosisteme. Die volgende voorbeeld illustreer dit: die verbetering van grond en plant gehalte deur die verhoging van organiese materiaal en biodiversiteit, eerder as om met chemiese middels teen die natuur te sukkel. 

Boere wat met Agroecology werk streef daarna om die gesondheid en vrugbaarheid van die grond te verbeter, kos opbrengste vir gebalanseerde voeding te verhoog, billike markte te versterk vir hul produkte, gesonde ekosisteme te verbeter en voort te bou aan ons voorvaders se kennis en gebruike. 

Die Ontwikkeling van Agroecology

Agroecology is nie 'n onlangse term nie - dit kan in wetenskaplike literatuur van die 1920’s geïdentifiseer word. Meer onlangs, het Agroecology in die gesprekke van internasionale en VN instellings voorgekom. 

Daar word gesê dat Agroecology politieke, sosiale, ekonomiese en kulturele dimensies insluit. Inderdaad, Agroecology is lojaal teenoor die "Universele Verklaring van die Regte van Moeder Aarde, wat geskep is by die Wêreld Mense se konferensie oor klimaatsverandering in 2010.

Die Voedsel - en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies (FAO) het seminare gehou oor Agroecology om gids lande te help om hul voedsel en landbou-stelsels op 'n groot skaal te transformeer na volhoubare landbou. Agroecology het die doel om te streef na 'Zero Honger’ en baie ander volhoubare ontwikkelingsdoelwitte van die Verenigde Nasies en om dit te bereik. 

In hierdie FAO seminare, het die volgende 10 elemente van Agroecology na vore gekom: 
Diversiteit
Synergieë 
Doeltreffendheid
Herstelvermoë
Herwinning 
Mede-skepping
Die deel van kennis
Menslike en sosiale waardes
Verantwoordelike bestuur
Siklus en solidariteit ekonomie

Hierdie 10 elemente van Agroecology is met mekaar verbind en interafhanklik.

Agroecology in Suid-Afrika

Daar is gevind dat waar ook Agroecology in die wêreld geslaag het, die plaaslike regering dit ondersteun het. Regeringsorganisasies wat Agroecology ondersteun het tot gevolg gehad dat sterk sosiale bewegings hulle regerings oortuig het om ondersteunende beleid in plek te stel.

In Suid-Afrika is daar 'n vierde verdrag 'n vertroulike besprekings dokument 'van Augustus 2011 wat gekoppel is aan organiese landbou waarvan die Organiese Landbou Beleid in sy 12de ontwerp is. ʼn Regulerende raamwerk vir die sektor is nodig om die toegewendheid, deursigtigheid, naspeurbaarheid en aanspreeklikheid ter ondersteuning van die wydverspreide produksie van hoë gehalte en veilige organiese produkte vir die plaaslike gemeenskap en uitvoermarkte te verhoog.

Translated by Wilma Koeppen