Wahlberg's Velvet Gecko
Wahlberg se Fluweelgeitjie

© Tyrone Ping

Naam

Wahlberg se Fluweelgeitjie (Homopholis wahlbergii)

Klas

Reptilia (Reptiele)

Orde

Squamata (Skubreptiel)

Familie

Gekkonidae

Lengte

Beide geslagte: 90 – 110 mm

Beskrywing

Die Wahlberg se fluweelgeitjie het ’n groot lyf met ’n sagte vel. Die rug is lig tot donker grysbruin gewoonlik met oneweredige ligte en donker kruisstrepe en dikwels met 2 breë swart strepe op die rug. Die snoet het nie ’n swart streep nie. Die pens is roomkleurig en is soms liggies gevlek.

Verspreiding

Wahlberg se fluweelgeitjie word in Zimbabwe, Suid-Mosambiek, in die aangrensende KwaZulu-Natal, die Noordelike Provinsie en Oos-Botswana aangetref.

Voortplanting

Twee groot hardedop eiers word in ’n rotsskeur of onder boombas gelê.

Dieet

Wahlberg se fluweelgeitjie eet veral sprinkane en kakkerlakke, maar dit eet ook termiete en duisendpote.

Veldnotas

Persoonlike waarnemings van die naglewende Wahlberg se fluweelgeitjie is aangeteken in ’n aantal habitatte, van kusbos tot savanne gebiede, waar dit toevlug soek onder oorhange, rotse en selfs in gedroogde blare.