Vrugbaarheid van Wingerd

© Marinda Louw

Die vrugbaarheid van wingerd word bepaal deur die uitbot van die ogies. ’n Winterogie word as vrugbaar beskou as dit uitbot en een of meer blomtrossies bevat. Hierdie trossies word reeds 15 maande voor die huidige oes – van Oktober tot Januarie – in die ogie gevorm, mits toestande gunstig is.

Gunstige toestande sluit voldoende voedingsreserwes, direkte sonlig op die lote, temperatuur bo 20°C, asook grondtemperatuur bo 10°C in. Al is ’n ogie ook hoé vrugbaar, beteken dit niks as die ogie nie bot nie. Die beste bot-persentasie word met die kortsnit snoeistelsel verkry, maar in sommige gevalle is dit ook nodig om van chemiese rusbreekmiddels gebruik te maak om die ogie te laat bot.

By Marinda Louw