Vroeë Setlaars in Mapungubwe

Mooi Potte! – Pottebakkery en Identiteit

©Roger de la Harpe
Die tradisionele Afrika manier van lewe was eko-vriendelik en bio-afbreekbaar. Om hierdie rede het die vroeë Bantu-gemeenskappe min tasbare items agter gelaat vir ons om vandag te vind.

Dit is frustrerend vir argeoloë en historikusse wat ons ongeskrewe geskiedenis wil neerpen.

Daar is egter een element van die vroeë Afrika kulture wat behulpsaam is in die identifiserings- en dateringsproses – hul pottebakkery.

Die vroeë trekjagters, soos die San, het geen behoefte gehad vir swaar, breekbare potte nie, maar die sedentêre Bantoe-gemeenskappe het ’n aantal potte en bakke gemaak om water en graan in te stoor.

Gelukkig breek kleipotte nie heeltemal af nie, al is hulle gebreek en weggegooi.

Elke kultuur het ook hul potte met unieke gravering, patrone en ontwerpe, soos driehoeke, sirkelpatrone en die gebruik van lyne, versier.

Benamingsgebied

©Roger de la Harpe
Deur die verskillende versierings en patrone op die oorblywende potskerwes te analiseer, kan ons die verskillende en opvolgende stamme kategoriseer. Ons kan ook die oorblywende pottebakkery gebruik om die geografiese verrykendheid van elke individuele kultuur te meet.

Potskerwe is ’n belangrike element vir argeoloë. Só belangrik is hierdie potskerwe dat hulle gebruik word in die benaming van vroeë kulture, aangesien ons geen rekord van oorspronklike name het nie.

Van die vroeë stamme word nou slegs deur die vorm en dekorasie van hul pottebakkery benoem.

Die konvensies van die argeologie dui aan dat die naam wat aan elke afsonderlike ‘pottebakkery kultuur’ gegee word, afgelei moet word van die plaas of ligging waar die eerste potstuk gevind is. Dit word die benamingsgebied genoem.

Ek het baie sorg geneem om hierdie sisteem te verduidelik, sodat mense sal verstaan hoekom sommige van die vroeë Bantu-gemeenskappe interessante name, soos Happy Rest-kultuur het, wat dit laat klink asof hulle ’n vakansie-oord besit het.

Vroeë Ystertydgemeenskappe (200 nC – 900 nC)

©Roger de la Harpe
Die eerstes van die Bantoe-migrasie het in ongeveer 200 nC in suidelike Afrika aangekom. Hierdie gemeenskap het nuwe tegnologie, soos metaalwerk, saamgebring. Hul aankoms word beskou as die begin van vroeë ystertydperk in Suider-Afrika. Een van die eerste identifiseerbare Bantoe-gemeenskappe wat om die Limpopo-Shashe-gebied gewoon het, is die vreemd vernoemde Happy Rest-kultuur. Hierdie stam, saam met ander stamme soos die Gokomere-kultuur, het tussen 350 en 450 nC in die omgewing gewoon. Daar is min kennis oor hierdie vroeë ystertydperk bewoners, behalwe dat hulle jagters was, asook ’n mengsel van gewas- en veeboerdery beoefen het.

In die tydperk tussen 600 en 900 nC het al die boere die Shashe-Limpopo-gebied verlaat. Dit kan wees dat die boere die gebied verlaat het weens veranderinge in die klimaat en dat die streek daarom nie meer geskik was vir landbou nie. Hierdie ekologies-onvoorspelbare deel van die land is konstant vasgevang tussen ’n seisoen van vrugbaarheid en droogte en ’n verandering in reënvalpatrone kan dodelik wees vir ’n beskawing. Die streek se siklus van droë en nat tydperke sou ’n belangrike dryfkrag in die nedersettingspatrone van die streek wees.

Ontwikkelende Stam-kulture

Daar was nie veel wat aangegaan het in die Mapungubwe area gedurende hierdie periode nie, maar ’n aantal klein en vreemde, minder bekende stamme het in ander dele van die land ontwikkel. Een fassinerende voorbeeld is die geheimsinnige mense wat die bisarre Lydenburg Koppe gemaak het wat in Mpumalanga gevind is. Hierdie terracotta maskers beeld die gesigte van vreemde, half-mens, half-dierlike wesens uit en dit word geglo dat hulle in geestelike rituele inwydingseremonies gebruik was. Die Lydenburg Koppe word in die Suid Afrika Museum in Kaapstad uitgestal en afbeeldings word in die plaaslike museum in Lydenburg uitgestal.

Translated by Nina Joubert