Vredefort Gedurende die Steentydperk

© David Fleminger

Later Steentydperk

Met die beroemde Wieg van die Mensdom Wêrelderfenisgebied slegs 100 km verder na die noorde van Vredefort, kan daar met veiligheid aangeneem word dat mense al baie lank in die Koepelarea gewoon het, dalk selfs vir miljoene jare. Tot dusver is daar egter nog geen vroeë hominiede (mensagtige) fossiele in die Vredefortarea gevind nie.
Ons spesies se direkte betrokkenheid by die Koepel kan slegs teruggespeur word tot by die Later Steentydperk (tussen 25 000 en 2000 jaar gelede). Die bewyse van hierdie bewoning is maar skaars, aangesien die area nie ‘n beduidende aantal ageologiese ondersoeke ondergaan het nie. Nogtans is daar tog versamelings steengereedskap op die oewers van die Vaalrivier, naby Schoemansdriftbrug en op die plaas Parson’s Rus gevind. Die gereedskap sluit handbyle, skrapers en vlokgereedskap in.
‘n Grot op die plaas Buffelskloof bevat ook bewyse van periodieke menslike bewoning en kon dalk gebruik gewees het tot in die ystertydperk. Etlike Boesman rotskunsterreine is ook geïdentifiseer.

Translated by Elna Van Rhyn