Vlooie in Pluimvee

© Chris Daly

Nes katte en honde, kan pluimvee ook vlooie kry.

Hoe Lyk Hulle?

Hierdie bytende parasiete mag rooi, bruin of swart wees, afhangende van die spesies. Volwassenes is 1,5mm tot 4 mm in lengte, is plat en het goed-ontwikkelde agterbene wat hulle gemaklike beweging op en tussen gashere toelaat. Wyfies lê tot 100 eiers per dag, op gashere of in krake en skeure naby die gashere. Onder gunstige omstandighede duur die volwasse stadium vir etlike maande.

Larwes mag binne twee dae uitbroei uit die eiers. Hulle voed op die bloedryke uitskeidings van die volwassenes en ook ander organiese materiaal. Hulle is ligsensitief, en skuil hoofsaaklik in krake en nesmateriaal. Daar is drie larwestadiums wat van nege tot 200 dae neem om te voltooi, afhangende van die klimaatsomstandighede.

Die volgroeide larwe is ongeveer 6mm lank wanneer hy himself in ‘n kokon toespin om later te voorskyn te kom as ‘n papie. Die papie-satadium neem sewe tot 21 dae om te voltooi. Die hele lewensiklus kan binne 18 dae tot twee maande neem om te voltooi.

Die sogenaamde ‘vassit’ vlooi, ook bekend as die stickfast flea, word normaalweg op pluimvee gevind, maar is nie kieskeurig oor ‘n gasheer nie en sal op die vel van honde, katte, mense en ander diere ook tuis voel.
Die wyfies mag so diep in die vel ingrawe dat net die bodeel van die agterkant sigbaar is. Hulle is baie moeilik om te verwyder, selfs na hulle dood, en word daarom dikwels met bosluise verwar. Hulle byte is pynlik en geneig tot infeksie.
Vlooie is sigbaar met die blote oog omdat hulle daarvan hou om op die kamme en lelle en rondom die oë van die voëls te sit.

Tekens van Besmetting?

Simptome van infeksie mag insluit aanhoudende gekrap en geskud en ook klein swart spikkeltjies rondom die oë, lelle en kamme. Voëls mag gewig verloor en kaal kolle tussen die vere ontwikkel. Die kame en lelle mag bleek lyk.

Translated by Elna Van Rhyn