Vine Snake
Suidelike Takslang

© Roger de la Harpe

Naam

Suidelike takslang of Savannevoëlslang ook bekend as Takslang of Voëlslang (Thelotornis capensis capensis)

Klas

Reptilia (Reptiele)

Orde

Squamata (Skubreptiel)

Familie

Colubridae

Subspesies

3 Subspesies word erken.

Lengte

Vroulik: 975 mm
Manlik: 1 062 mm

Beskrywing

Hierdie uiterste dun slang het ’n spiesagtige kop en groot oë met sleutelgatvormige pupille. Die lyf het eweredige dowwe grys skuinsstroke met oranje vlekke. Die stert is baie lank. Die liggaam is tak-kleurig.

Verspreiding

Gevind in Oostelike en Suider Afrika, in die reënwoude van Sentraal en Wes Afrika kom die T.kirtlandii voor.

Voortplanting

Die wyfie lê 4 - 18 klein, langwerpige eiers in die somer wat na 60 – 90 dae in Maart uitbroei. Die kleintjies is 230 - 331 mm lank en weeg 3 - 4 g. Daar is 2 broeisels per seisoen.

Gif

Prooi word vergiftig met ’n byt en word ingesluk terwyl die slang afwaarts hang.

Dieet

Die dieet is baie gevarieerd en sluit akkedisse, paddas, kleiner voëls en selfs ander slange in.

Veldnotas

Die slang is bekend as die takslang omrede sy gelykvormigheid aan die klein takke aan bome en word in sekere plekke ’n voëlslang genoem omdat dit kleiner tipe voëls vang.