Versamel Reënwater van Dakke

Invordering van water of 'reënwater oes' van dakke vir huishoudelike en tuin gebruik word wyd beoefen regoor Suid-Afrika - in landelike gebiede en al hoe meer in die stede. Dit beteken dat elke keer as dit reën, water bymekaargemaak kan word vir gebruik tydens droogtes.

Die insameling van reënwater verminder afhanklikheid van munisipale watervoorsiening en water opgaardamme. Dit help ook om water te bespaar, verminder oorstromings en gronderosie en sal die waterrekening verminder. Daarbenewens is reënwater skoon en nie vol plaagdoders en chemikalieë nie.

Hoe Om Reënwater Bymekaar te Maak?

Reënwater kan by enige struktuur met 'n dak - huis, stalle, afdakke ens bymekaargemaak word. 'n Tenk of reservoir is nodig om water te stoor en geute of pype is nodig om die water te kanaliseer uit die dak in die tenk in.

Tenks kan wissel van groot baksteen opgaartenks tot dromme en plastiek emmers. Hoe groter die dak, hoe groter die tenk wat nodig sal wees.

Die beste waterpype is UV bestand soos ISI HDPE en PVC pype. Die dreine aan die einde van geute moet toegerus wees met gaas om om te keer dat blare en ander stowwe wat voorkom, in die tenk in spoel.

Met 'n eerste spoel word dit aanbeveel dat 'n water afleier gebruik word. Dit is 'n toestel wat keer dat die eerste volume reënwater met al die blare ens. in die tenks inspoel. Die eerste water, na reën, wat van die dak af kom kan besmet wees met roes, stof, voëlmis en chemikalieë. Die eerste klomp water wat met behulp van 'n afleier gespoel word sal die kwaliteit van die drinkwater verbeter, roes van pype en die slyk wat opbou binne-in die tenks verminder.

'n Algemene riglyn beveel dat eerste spoel toestelle ongeveer 40 liter water per 100 m2 moet verwyder van opvanggebiede. In stowwerige areas of in stedelike gebiede met lugbesoedeling, kan 'n groter eerste spoel toestel nodig wees.

Instandhouding van Reënwater Strukture

©JoJo Tanks

Geute en dakke moet gereeld geïnspekteer en skoon gehou word van stof, blare, dier en voëlmis, dooie diere, insekte en chemikalieë. Hoe skoner die dak en geute, hoe skoner die water.

Maak enige filters skoon wat by die inlaat van pype of tenke geïnstalleer is. Gaan jou tenk na vir slyk ten minste elke twee tot drie jaar. Verwyder dit deur die water uit te suig of om die tenk heeltemal leeg te maak. Die opbou van slyk is 'n teken dat die dak en geute vuil is. Verwyder die vuiligheid wat opgesamel het bo-op die tenk

Translated by Wilma Koeppen