Verkoop van Graangewasse

©Eric Miller

Die graan mark is baie wispelturig, wat lei tot groot prysskommelinge. Dit is moeilik om jou risiko te verminder wanneer die vervaardiging van 'n gewas, soos kanola of gars, die mark oorheers deur enkele kopers. Ikageng Malulek, 'n junior ekonoom by Graan SA, het die volgende wenke aangebied in sy artikel, ‘Die ABC van bemarking van jou gewasse’, aan boere wat gewasse met meer gediversifiseerde markte, soos koring, mielies of sojabone produseer:

Stoor in Koöperatiewe Silo's

Na die oes kan boere hul graan stoor by koöperatiewe silo's om dit te verkoop wanneer die pryse beter is. Die koste van die stoor, graanhantering en rente wat verlore gaan as gevolg van later verkope kan miskien nie hierdie opsie regverdig nie. 

Stoor in Eie Silo's

©Glenneis Kriel

Graan kan gestoor word in jou eie silo's, maar die hoë kapitaalbelegging wat nodig is om 'n silo te bou kan nie die koste vir die meerderheid van die boere regverdig nie. Behalwe dit is jy persoonlik aanspreeklik vir die bestuur en omsien na die graan in jou silo, terwyl daar spesialiste in diens is by die koöperatiewe silo's. 

Stoor in Silo Sakke

Graan kan gestoor word in silo sakke, wat baie goedkoper is as die silo's. Boere moet net in gedagte hou dat die gehalte van die graan sal versleg as dit so gestoor word oor ʼn lang tydperk. 

Voor-oes Stuur Kontrakte

ʼn Vooruit kontrak is 'n ooreenkoms tussen twee partye om enige soort van bate te koop of te verkoop teen 'n toekomstige tydstip, gewoonlik teen 'n vasgestelde prys. Die grootste voordeel is dat jy 'n veilige mark het vir jou produkte, maar jy sal nie deel in gunstige prys bewegings nie en is verantwoordelik vir ʼn afgespreekte hoeveelheid wat jy moet lewer. In effek sal 'n boer dalk boetes moet betaal of volumes van ander produsente moet koop om op te maak vir die produksie tekorte. 

Gebruik die Op die Plek-en-Toekomstige Mark

Boere wat nie hulle graan wil stoor nie, kan dit dadelik na die oes verkoop en dan termynkontrakte koop om geld te maak tydens positiewe prysbewegings wat later mag voorkom. Die risiko van hierdie is dat markpryse kan afneem wat dan tot verliese kan lei.

Gebruik Termynkontrakte en Opsies

Boere kan hulself verskans teen prysskommelings deur te handel op die “Commodity Derivatives Market” genaamd Safex. Dit is 'n algemene praktyk vir boere om ongeveer 'n derde van die graan voor aanplanting te verskans om hul produksiekoste te dek en dan later weer die res te verskans gedurende die seisoen gebaseer op prysbewegings. Die beste is om te skik vir 'n "billike" prys in verhouding tot jou koste van produksie per hektaar. Om te wag vir die pryse om hoër en hoer te klim kan veroorsaak dat geleenthede gemis word.

Dit verg eintlik baie kundigheid om op hierdie platform handel te dryf, aangesien jy moet goeie kennis hê oor die gebeure in die wêreld mark. Om hierdie rede gebruik boere gewoonlik 'n handelaars diens wat namens hulle handel dryf teen 'n fooi. 

Veevoer

©Glenneis Kriel

Wanneer pryse laag is, maak dit sin om eerder die gewasse as voeding te gebruik vir jou lewende hawe of om dit as voer te verkoop aan ander boere. Veevoer pryse wissel ook, so daar is geen waarborg dat dit sal lei tot 'n beter verdienste in tye wanneer prys oeste laag is nie. 

Translated by Wilma Koeppen