Varkwelsyn

©Glenneis Kriel
Pigs should have the freedom to express normal behaviour.
Die South African Pig Welfare Code is opgestel deur boere, veeartse, vervoerders, welsynsorganisasies en abattoiroperateurs. Dis gebaseer op die sogenaamde Five-Freedoms beginsel soos aangeneem deur die Farm Animal Welfare Council, nl. vryheid van dors, honger en wanvoeding, vryheid van ongemak, vryheid van pyn, besering en siekte, vryheid om normale gedrag te vertoon en vryheid van vrees en angs.

Vryheid van Honger en Dors

©Glenneis Kriel
Pigs should have access to clean water.
Volgens hierdie beginsel moet alle varke toegang tot genoeg skoon drinkbare water en kos hê.

Vryheid van Ongemak

©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA.
People who work with pigs should be well-trained.
Mense wat met varke werk behoort hul take met die minimum ongemak vir die varke te verrig. Op groot plase spesialiseer werkers soms in spesifieke roetines, byvoorbeeld om slegs met die dragtige sôe of die groeivarke te werk, terwyl werkers op kleiner plase na alles omsien.
Enige gedrag wat onnodige ongemak mag veroorsaak word verbied – spesifiek die skop van varke, die gebruik van elektriese porstokke, swepe, metaalstawe, swaar stokke of ander voorwerpe wat die varke kan beseer of bevrees maak, asook om varke op te tel aan hul ore, sterte of voorpote. Varke mag nie vasgemaak word met draad, tou of rieme nie, nie aan die pote nek of lyf nie.
Die tande van bere mag nie gebreek, gesny of afgesaag word nie, tensy die prosedure onder toepaslike verowing deur ‘n veearts uitgevoer word. Klein varkies mag nie gekastreer word as hulle ouer as 7 dae is nie. Die area waarin die varke gehou word moet skoongehou word om te verseker dat die dier gemaklik is, die risiko van die verspreiding van siektes na ander varke of mense geminimaliseer is en om besoedeling te voorkom.

Vryheid van Pyn, Besering en Siekte

©Glenneis Kriel
Ill pigs might have to be isolated until they feel better.
Daaglikse inspeksies moet uitgevoer word om te verseker dat probleme soos stertbytery, oorbytery en beserings en siektetoestande, oorbevolking en stres weens hitte of koue, aangespreek word voordat hulle handuit ruk. Dit mag nodig wees om varke wat siek is of geboelie word te isoleer vir behandeling voordat hulle weer by ‘n groep gevoeg word. Volgens die kode moet ernstig beseerde of terminaal-siek varke onmiddellik en menslik van kant gemaak word.

Vryheid om Normale Gedrag te Vertoon

©Glenneis Kriel
Sow stalls may only be used for the first half of the sixteen week pregnancy.
Hierdie is die grootste uitdaging as dit by intensiewe varkboerdery kom, veral met die gebruik van sog-kratte en dragtigheids-stalle. Die waarheid is egter dat boere wat nie van hierdie tegnologieë gebruik maak nie, groot verliese ly weens aborsies en dooie kleintjies. Hierbenewens is die behoeftes van moderne varke baie anders as dié van hul wilde, onverbeterde voorsate.
Gebaseer op die South African Pig Welfare Code, moet varke wat buite aangehou word toegang hê tot geskikte skuiling en hokke met ‘n minimum van 5 vierkante meter per vark. Die varke moet nie rondswerf op soek na kos nie, maar moet toegang hê tot genoeg skoon water en voer. Die area waarin die varke gehou word moet omhein wees en daar behoort toepaslike hanteringsfasiliteite te wees sodat roetine prosedures soos die behandeling van siek varke, gedoen kan word.
Met intensiewe produksie en ekstensiewe produksiesisteme, mag sog-stalle slegs vir die eerste helfte van die sestien-week dragtigheidstydperk gebruik word. In hierdie tyd kan sôe individueel gevoer en versorg word voordat hulle die oorblywende gedeelte van die dragtigheidstydperk los saam met ander sôe spandeer. ‘n Geboorte-krat moet groot genoeg wees vir ‘n sog om gemaklik te staan en met uitgestrekte bene te lê. ‘n Veilige kruip-area met beddegoed en hitte vir die klein varkies moet voorsien word in die geboorte-hok.
Behuising, kratte en hokke moet glyvaste vloere hê, goed gedreineer wees, gereeld skoongemaak word en genoegsame skuiling bied teen direkte sonlig, wind en slegte weer. ‘n Minimum spasie van 0,85 vierkante meter per 100kg lewende massa word verlang om oorbevolking te voorkom.

Translated by Elna Van Rhyn