Varkrasse in Suid-Afrika

©Elsabe Visser
The large white is a big pig with exceptional growth rate.
Aangesien geen varkras perfek is nie en elke ras sy eie unieke voordele en nadele het, is die keuse van 'n ras ‘n persoonlike keuse. Wanneer die keuse van watter varkras om mee te boer gemaak moet, neem die volgende dinge in ag: jou eie vaardighede as boer, of daar ‘n volhoubare mark vir jou varke en produkte is en of jy die sorg wat jou varkras benodig, kan voorsien. Strategiese kruisteling kan gebruik word om vleiskwaliteit te verbeter en om die diere wat as resultaat van hierdie teling gebore word op die mark te kan verkoop. Hier is 'n paar van die varkrasse wat in Suid-Afrika gebruik word:

Die Groot Wit

Hierdie Engelse ras is in die 1890's aan Suid-Afrika bekendgestel. Soos die naam aandui, is dit 'n groot ras met wit vel wat groot gesonde werpsels produseer met uitsonderlike groeitempos en voer-groei doeltreffendheid. Die sôe is goeie beskermende moeders en die bere is goeie werkers, maar sommige stamme is eers relatief laat (sewe tot agt maande) geslagsryp. Die Groot Wit word beskou as ’n uitstekende dubbeldoel-ras. As hulle gekruis word met enige ander suiwer ras, sal hulle ‘n nageslag met uitstekende spek-gehalte produseer. Groot Wit produseer vroulike diere met uitstekende voortplantingskwaliteite wanneer hulle met die Landras gekruis word.

Die Landrace

©Glenneis Kriel
Landrace pigs have excellent growth rates.
Die Landrace is 'n Deense varkras met wit vel wat ontstaan ​​het uit kruisings van die Groot Wit en inheemse Deense varke. Die eerste diere is in 1952 uit Holland na Suid-Afrika ingevoer. Die ras word geassosieer met uitstekende groeitempos en voer-groei omsetting en doeltreffendheid, terwyl die verbeterde ras erken word vir sy goeie moeder-eienskappe en groot werpsels wat gereeld en oor lang periodes gelewer word.
Die Suid-Afrikaanse vark-nageslagtoetsskema, wat teen die einde van die 1950's begin het, het sulke merkwaardige vordering tot gevolg gehad dat die ras bekend geword het as die Suid-Afrikaanse Landras vark. Volgens David Visser se boek, ‘Modern Pig Production’, word die ras geassosieer met volhoubaarheidsprobleme as gevolg van sy ligte beenstruktuur. Sommige van die swaargeboude oorsese stamme is baie sensitief vir stres, wat vererger word deur warm klimaatstoestande en vervoer oor lang afstande na die mark.

Die Chester Wit

©Liezel Grobler
Hierdie varkras het in die V.S.A ontstaan ​​deur 'n kruising met Yorkshire en Lincolnshire varke. Die eerste Chester Wit diere is in 1983 van die V.S.A na Suid-Afrika ingevoer. Die ras, wat ‘n wit vel het, is van medium grootte, toon goeie beenstruktuur en het hardwerkende bere. Hulle floreer in ekstensiewe en semi-intensiewe produksiestelsels en word hoofsaaklik gebruik vir hul goeie moeder-eienskappe in kruisings met die Groot Wit of Landras varke. Daar is nie baie telers van die Chester Wit in Suid-Afrika nie.

Die Duroc

©Elsabe Visser
Duroc boars are primarily used in crosses with white breeds.
Hierdie roesrooi varkras het ontstaan ​​in die V.S.A. waar die ontwikkel het uit deur vier stamme van rooi varke. Dit is in 1980 vanaf Kanada na Suid-Afrika ingevoer om 'n derde ras beskikbaar te stel, hoofsaaklik vir kruisdoeleindes.
Die varke het ‘n goeie libido en word hoofsaaklik gebruik in kruisteling met tradisionele wit rasse, wat nasate produseer met uitstekende groeitempos, voer-groei omsetting en vleiskwaliteit. Die boek ‘Moderne Varkproduksie’ beveel die bemarking van alle nageslagte aan, omdat hulle die helfte van die Duroc-gene genereer wat verantwoordelik is vir die rooi kleur van die ras wat probleme met slagting kan veroorsaak. Die Duroc-ras lewer egter goed gemarmerde vleis wat aansienlik beter is as dié van die meeste ander rasse.
Duroc sôe produseer groot werpsels, maar is nie goeie moeders nie. Die ras is nie baie vatbaar vir stres nie.

Translated by Hazel Oliver