Tswana Sosiale Organisasie

© Dr Peter Magubane

Plaaslike Hoofmanskappe

Vandag word die Tswana verdeel  in baie plaaslik outonome kapteinskappe (al is hulle onderhewig aan die wette van Botswana of Suid Afrika) wie se grootte wissel van 'n paar duisend tot honderde duisende waarvan die grootste die Botswana se agt vernaamste stamme insluit.

Elkeen bestuur sy sake onder 'n hoof (kgosi), maar daar is groot verskille tussen stamme in Botswana en Suid-Afrika. Die Tswana in Suid-Afrika  het voorheen onder die Bophuthatswana Bantustan se tuisland administrasie geval. Elke stam het sy eie grondgebied en naam, die laasgenoemde gewoonlik afgelei van 'n hoofman van die verlede of die stigter van die regerende dinastie, soms uit die totem van die koninklike familie, die terrein van 'n voormalige hoofstad, of 'n historiese voorval.

Elke stam is van gemengde oorsprong wat beteken dat lede van 'n enkele stam van mekaar mag verskil in gewoontes en taal. Dit is meer opvallend waar mense wat in ʼn stam opgeneem is verkieslik afsonderlik wil bly en die verskille as 'n simbool gebruik. Tswana stamme is nie en was nog nooit ʼn geslote stam met vaste lede nie. Hulle is ʼn netwerk van mense waarvan mense lede geword het deur geboorte, absorpsie, verowering of vrywillige aansluiting.

Lede kan ook deur die hoofman geskors word, of vrywillig die stam verlaat en by 'n ander stam aansluit.

©Dr Peter Magubane

Vandag assosieer baie Tswanas wat in stede soos Johannesburg woon nie hulself formeel met enige stam nie, hoewel hulle mekaar uitken aan 'n totem en sodoende 'n genealogiese verhouding deel met ander wat dieselfde totem het.

ʼn Soortgelyke proses van inlywing waardeur stamme gevorm het, alhoewel op 'n veel groter skaal, is hoe die Botswana van vandag geskep is. Sy groepe is bymekaar gebring as gevolg van die koloniale ingryping wat die Betsjoeanaland protektoraat gekep het wat later onafhanklikheid as Botswana verkry het.

Pogings tot Tswana konsolidasie binne Suid-Afrika het uit n veel meer komplekse proses bestaan wat verband hou met die apartheidsregering se skepping van die Bophuthatswana Bantustan, 'n entiteit wat onder die post-apartheidsbedeling afgeskaf is. Die Tswana-hoofmanne wat deur die apartheid stelsel erken is gaan voort om daardie status en die reg om hul mense te regeer te eis.

Totemisme

Totemisme, die verering van 'n dier, plant of voorwerp, is al lank 'n belangrike kenmerk van die Tswana samelewing. Elke persoon assosieer met 'n totem, en almal wat verband hou met daardie totem is van die pa se familie se kant af en hulle neem die totem van die pa en pa se pa se kant af.  Mense met dieselfde totem beweer dat hulle hul genealogiese verhouding tussen mekaar deur die totem kan opspoor.

Totem lidmaatskap stryk al lank uit oor verskillende stamme. Lede van een stam het nog nooit verband gehou met net een totem nie en dié wat verband hou met 'n totem is nie noodwendig lede van dieselfde stam nie. Die Ngwaketse het byvoorbeel  verband met 22 verskillende totems alhoewel lede van die hoof heerskapyskap een totem deel.

Baie mites van die Tswana se volksoorlewing verklaar hoe elke totem bekom en aanvaar is. Gedrags kodes is rondom hierdie mites opgestel en die versuiming om hulle in ag te neem vereis dat die oortreder 'n suiwerings seremonie ondergaan om siekte of ander ongelukke te voorkom.

Translated by Wilma Koeppen